Plig Sien ook Gehoorsaam, Gehoorsaamheid In die skrifture ’n taak, opdrag, of verantwoordelikheid, dikwels deur die Here of sy diensknegte gegee. Hou sy gebooie: want dit is die hele plig van mense, Pred. 12:13. Wat vra die Here van jou anders as om reg te doen, Miga 6:8. Ons moet aan God meer gehoorsaam wees as aan die mense, Hand. 5:29. Hulle is getref deur hongersnood en sware verdrukkinge, om aan te spoor tot herinnering aan hulle plig, Mosia 1:17. Die pligte van die ouderlinge, priesters, leraars en diakens word beskryf, L&V 20:38–67. Priesterskapdraers behoort om te sien na alle gesinspligte, L&V 20:47, 51. Die pligte van lede na die doop word beskryf, L&V 20:68–69. My ouderlinge moet wag vir ’n kort rukkie sodat my mense meer volledig mag weet aangaande hulle plig, L&V 105:9–10. Laat elke mens sy plig leer, L&V 107:99–100.