Waarsku, Waarskuwing Sien ook Waak, Wagte Om kennis of ’n waarskuwing te gee. Profete, leiers en ouers waarsku en leer andere om gehoorsaam aan die Here en sy leringe te wees. Jakob het die volk van Nefi gewaarsku teen elke soort sonde, Jakob 3:12. Die stem van waarskuwing is aan alle mense, L&V 1:4. Laat jou prediking die waarskuwende stem wees, L&V 38:41. Hierdie is ’n dag van waarskuwing, L&V 63:58. Elkeen wat gewaarsku is, moet sy naaste waarsku, L&V 88:81. Ek het julle gewaarsku en waarsku julle vooraf, deur julle hierdie woord van wysheid te gee, L&V 89:4.