Wêreld Sien ook Aarde; Babel, Babilon; Sterflik, Sterflikheid Die aarde; ’n toetsterrein vir sterflike mense. Figuurlik, daardie mense wat nie God se gebooie onderhou nie. Sterflike bestaan In die wêreld sal julle verdrukking hê, Joh. 16:33. Moenie tot die dood toe vrees nie, want in hierdie wêreld is julle vreugde nie volledig nie, L&V 101:36. Mense wat nie die gebooie gehoorsaam nie Ek sal aan die wêreld sy boosheid besoek, Jes. 13:11 (2 Ne. 23:11). As die wêreld julle haat, moet julle weet dat hy My voor julle gehaat het, Joh. 15:18–19. Die groot en ruim gebou was die hoogmoed van die wêreld, 1 Ne. 11:36. Die wêreld word ryp in goddeloosheid, L&V 18:6. Hou jouself onbevlek van die wêreld, L&V 59:9. Hy wat getrou is en volhard, sal die wêreld oorwin, L&V 63:47. Julle sal nie volgens die wyse van die wêreld leef nie, L&V 95:13. Einde van die wêreld Ek skep ’n nuwe aarde, en aan die vorige dinge sal nie gedink word nie, Jes. 65:17 (Openb. 21:1; Gel. Art. 1:10). Aan die voleinding van hierdie wêreld, sal die onkruid bymekaargemaak en met vuur verbrand word, Matt. 13:40, 49 (Mal. 4:1; Jakob 6:3). My wingerd sal Ek met vuur laat verbrand, Jakob 5:77 (L&V 64:23–24). Die Here sal Satan en sy werke vernietig aan die einde van die wêreld, L&V 19:3. Die aarde sal sterf, maar dit sal weer lewendig word, L&V 88:25–26. Die Here het aan Henog die einde van die wêreld gewys, Moses 7:67.