Kwaadsprekery Sien ook Gerug; Lieg; Skinder; Twis Om dinge te sê wat verkeerd, kwetsend en boos is. Dikwels in die skrifture is sulke sprekery gerig tot ’n persoon met die spesifieke bedoeling om pyn te veroorsaak. Bewaar jou tong vir wat verkeerd is, Ps. 34:14 (1 Petr. 3:10). ’n Deugniet grawe ’n kuil van onheil, Spr. 16:27. Geseënd is julle wanneer die mense valslik allerhande kwaad teen julle spreek, Matt. 5:11 (3 Ne. 12:11). Uit die hart kom daar slegte gedagtes, Matt. 15:19 (Mark. 7:21). Van ’n owerste mag jy nie kwaadspreek nie, Hand. 23:5. Alle lastering moet van julle verwyder word, Efés. 4:31. Moenie van mekaar kwaad spreek nie, Jak. 4:11. Sien dat daar geen skindery nóg kwaadsprekery is nie, L&V 20:54.