Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, Die Sien ook Herstelling van die Evangelie; Kerk van Jesus Christus; Kerk, Naam van; Kerk, Tekens van die Ware Die naam wat gegee is aan die Kerk van Christus in die laaste dae om dit te onderskei van die Kerk in ander tydvakke (L&V 115:3–4). Die Here sal kennis op die Heiliges van die Laaste Dae uitgiet, L&V 121:33. Joseph Smith is die profeet en siener van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, L&V 127:12. Die groot dag van die Here is op hande vir die Heiliges van die Laaste Dae, L&V 128:21, 24. Joseph Smith het gehelp om die Heiliges van die Laaste Dae bymekaar te maak, L&V 135:3. Groepe van Heiliges van die Laaste Dae moet georganiseer word vir die reis na die westelike gebied van die Verenigde State, L&V 136:2. Wette van die huwelik word duidelik gemaak vir die Heiliges van die Laaste Dae, AV 1. Die priesterskap word gegee aan alle waardige manlike lede van die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, AV 2. Die verslag van die Eerste Visioen aan alle Heiliges van die Laaste Dae, JS—G 1:1.