Eerlik, Eerlikheid Sien ook Integriteit Om opreg, eerbaar en sonder bedrog te wees. Hulle wat getrou handel is die Here se welbehae, Spr. 12:22. Betaal dit wat jy belowe het, Pred. 5:4–5. Ons het van die heimlike dinge wat skandelik is, afstand gedoen, 2 Kor. 4:1–2. Hou julle lewenswandel onder die heidene skoon, 1 Petr. 2:12. Wee die leuenaar, want hy sal afgestoot word na die hel, 2 Ne. 9:34. Die Gees spreek die waarheid en lieg nie, Jakob 4:13. Wie ook al van sy naaste leen, moet die ding teruggee wat hy leen, Mosia 4:28 (L&V 136:25). Handel regverdiglik, oordeel regverdiglik, en doen goed, Alma 41:14. Laat elkeen eerlik handel, L&V 51:9. Almal wat weet dat hulle harte eerlik is, hulle word deur My aangeneem, L&V 97:8. Eerlike, wyse en goeie manne behoort gesoek te word vir politieke ampte, L&V 98:4–10. Soek ywerig om dit terug te besorg wat jou naaste verloor het, L&V 136:26. Ons glo dat ons eerlik moet wees, Gel. Art. 1:13.