Grondwet Sien ook Regering; Wet In die Leer en Verbonde verwys “die Grondwet” na die grondwet van die Verenigde State van Amerika, wat goddelik geïnspireer is ten einde die weg te baan vir die Herstelling van die evangelie. Die grondwet behoort ondersteun te word, L&V 98:5–6. Die Here het die grondwet tot stand laat kom, L&V 101:77, 80.