Beginsel Sien ook Evangelie ’n Basiese leer, waarheid of wet. Die eerste beginsels van die evangelie is geloof in die Here Jesus Christus en bekering (Gel. Art. 1:4). Daarom moet ons nie bly by die begin van die prediking nie, maar na die volmaaktheid voortgaan, JSV, Hebr. 6:1. Die ouderlinge, priesters en leraars sal die beginsels van my evangelie leer, wat in die skrifture is, L&V 42:12. Julle moet volmaakter onderrig word in beginsel, in leer, in alle dinge, L&V 88:78 (L&V 97:14). Sodat elke mens kan handel in leer en beginsel volgens die morele handelingsmag wat Ek hom gegee het, L&V 101:78. Watter peil van intelligensie ons bereik in hierdie lewe, sal met ons verrys in die opstanding, L&V 130:18–19.