Ninevé Sien ook Assur; Jona In die Ou Testament, die hoofstad van Assur en vir meer as tweehonderd jaar ’n groot handelsentrum aan die oostelike oewer van die Tigrisrivier. Dit het geval met die ondergang van die Assiriese ryk, 606 v.C. Sánherib, die koning van Assur, het in Ninevé gewoon, 2 Kon. 19:36. Jona is gestuur om die stad tot bekering te roep, Jona 1:1–2 (Jona 3:1–4). Die volk van Ninevé het bekeer, Jona 3:5–10. Christus het Ninevé as ’n voorbeeld gebruik van bekering vir die Jode, Matt. 12:41.