Skep, Skepping Sien ook Aarde; Begin; Geesteskepping; Jesus Christus; Sabbatdag Om te organiseer. God wat deur sy Seun, Jesus Christus, gewerk het, het die elemente in die natuur georganiseer om die aarde te formeer. Hemelse Vader en Jesus het die mens geskape na hulle ewebeeld (Moses 2:26–27). In die begin het God die hemel en die aarde geskape, Gén. 1:1. Laat ons mense maak na ons beeld, Gén. 1:26 (Moses 2:26–27; Abr. 4:26). Alle dinge het deur Hom ontstaan, Joh. 1:3, 10. In Hom is alle dinge geskape wat in die hemel is, Kol. 1:16 (Mosia 3:8; Hel. 14:12). God het die wêreld gemaak deur sy Seun, Hebr. 1:2. Die mens is in die begin geskape, Mosia 7:27. Ek het die hemele en die aarde geskape en alle dinge, 3 Ne. 9:15 (Morm. 9:11, 17). Alle mense is in die begin geskape na my eie beeld, Ether 3:15. Jesus Christus het die hemele en die aarde geskape, L&V 14:9. Hy het die mens geskape, man en vrou, na sy eie beeld, L&V 20:18. Wêrelde sonder tal het Ek geskape, Moses 1:33. Deur my Eniggeborene het Ek die hemel geskape, Moses 2:1. Ek, die Here God, het alle dinge geestelik geskape voordat hulle natuurlik op die aangesig van die aarde was, Moses 3:5. Miljoene aardes soos hierdie sal nie ’n begin wees van die getal van u skeppinge nie, Moses 7:30. Die Gode het die hemele georganiseer en geformeer, Abr. 4:1.