Lot, Werp van die ’n Manier om verskeie keuse-opsies te selekteer of uit te skakel. Dikwels word dit gedoen deur een strokie papier of ’n stokkie te kies tussen talle ander. Hulle het sy klere verdeel deur die lot te werp, Matt. 27:35 (Ps. 22:19; Mark. 15:24; Lk. 23:34; Joh. 19:24). Toe werp hulle die lot, en die lot het op Matthías geval, Hand. 1:23–26. En ons het die lot gewerp—wie van ons moes ingaan na die huis van Laban, 1 Ne. 3:11.