’n Toestand van groot vreugde (blydskap) wat kom as gevolg van ’n regverdige leefwyse. Die doel van die sterflike (aardse) lewe is vir alle mense om vreugde te hê (2 Ne. 2:22–25 ). Volle vreugde sal slegs kom deur Jesus Christus (Joh. 15:11 ; L&V 93:33–34 ; 101:36 ).
Ek bring julle ’n goeie tyding van groot blydskap, Lk. 2:10 .
Niemand neem julle blydskap van julle weg nie, Joh. 16:22 .
Die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, Gal. 5:22 .
Die vrug daarvan het my siel gevul met uitermate groot vreugde, 1 Ne. 8:12 .
Mense is dat hulle vreugde mag hê, 2 Ne. 2:25 .
Die blydskap van die regverdiges sal vir ewig vol wees, 2 Ne. 9:18 .
Hulle mag met God woon in ’n toestand van nimmereindigende geluk, Mosia 2:41 .
Ek sal alles prysgee wat ek besit, sodat ek hierdie groot vreugde mag ontvang, Alma 22:15 .
Miskien mag ek ’n werktuig wees in die hande van God om een of ander siel tot bekering te bring, en dit is my vreugde, Alma 29:9 .
Watter vreugde, en watter wonderlike lig het ek aanskou, Alma 36:20 .
My Gees sal jou siel met vreugde vul, L&V 11:13 .
Hoe groot sal jou blydskap met hom wees in die koninkryk van my Vader, L&V 18:15–16 .
In hierdie wêreld is julle blydskap nie volledig nie, maar in My is julle blydskap volledig, L&V 101:36 .