Heerlikheid Sien ook Grade van Heerlikheid; Lig, Lig van Christus; Waarheid In die skrifture verwys heerlikheid dikwels na God se lig en waarheid. Dit mag ook na lof of eer verwys en na ’n sekere toestand van die ewige lewe of na die heerlikheid van God. Heilig is die Here van die Leërskare. Die hele aarde is vol van sy heerlikheid, Jes. 6:3 (2 Ne. 16:3). Ons word van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, 2 Kor. 3:18. Hy sal my opwek om in heerlikheid by Hom te woon, Alma 36:28. Die heerlikhede wat in die opstanding ontvang sal word, sal verskil volgens regverdigheid, L&V 76:50–119. Die heerlikheid van God is intelligensie, L&V 93:36. Die heerlikheid van God is om die onsterflikheid en die ewige lewe van die mens teweeg te bring, Moses 1:39. Ek het twee persone gesien wie se helderheid en heerlikheid alle beskrywing te bowe gaan, JS—G 1:17.