Steel Om op ’n oneerlike of onwettige wyse iets van ’n ander te neem. Die Here het altyd sy kinders gebied om nie te steel nie (Ex. 20:15; Matt. 19:18; 2 Ne. 26:32; Mosia 13:22; L&V 59:6). Maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar diewe nie inbreek en steel nie, Matt. 6:19–21. Die Nefiete se neerlae het gekom vanweë hoogmoedigheid, rykdom, plunder en diefstal, Hel. 4:12. Hy wat steel en nie wil bekeer nie, sal uitgewerp word, L&V 42:20. Diegene wat steel sal uitgelewer word aan die wet van die land, L&V 42:84–85.