Homoseksuele Gedrag Sien ook Egbreuk; Wellus, Wellustigheid Seksuele verkeer van individue van dieselfde geslag. God verbied hierdie soort seksuele bedrywighede. Bring hulle uit na ons dat ons hulle kan beken, Gén. 19:1–11 (Moses 5:51–53). Met ’n manspersoon mag jy geen gemeenskap hê; dit is ’n gruwel, Lev. 18:22 (Lev. 20:13). Daar mag geen skandseun (sodomiet) uit die seuns van Israel wees nie, Deut. 23:17. Hulle verklaar hulle sonde as Sodom, hulle steek dit nie weg nie, Jes. 3:9 (2 Ne. 13:9). Manne se wellus teenoor mekaar het ontbrand, Rom. 1:27. Misbruikers van hulleself met die mensdom sal nie die koninkryk van God beërwe nie, 1 Kor. 6:9–10. Die wet is nie gegee vir die regverdige nie, maar vir die sodomiete, 1 Tim. 1:9–10. Diegene wat agter vreemde vlees aanloop, word as ’n voorbeeld gestel, terwyl hulle die straf van ’n ewige vuur sal ly, Judas 1:7.