Egbreuk Sien ook Homoseksuele Gedrag; Kuisheid; Ontug; Seksuele Onsedelikheid; Wellus, Wellustigheid Die onwettige seksuele verkeer van mans en vrouens. Alhoewel egbreuk oor die algemeen verwys na seksuele gemeenskap tussen ’n getroude persoon en iemand anders as sy of haar eggenoot(te), mag dit ook in die skrifture verwys na die ongetroudes. Somtyds word egbreuk gebruik as ’n simbool vir die afval van ’n nasie of ’n hele volk van die weë van die Here (Núm. 25:1–3; Jer. 3:6–10; Eség. 16:15–59; Hos. 4). Josef wou nie hierdie groot boosheid pleeg nie, en teen God sondig nie, Gén. 39:7–12. Jy sal nie egbreek nie, Ex. 20:14. Wie ook al na ’n vrou kyk om haar te begeer, het egbreuk gepleeg in sy hart, Matt. 5:28. Nóg owerspelers nóg egbrekers sal die koninkryk van God beërwe, 1 Kor. 6:9–10. God sal hoereerders en egbrekers oordeel, Hebr. 13:4. Egbreuk is gruweliker bo alle sondes behalwe die stort van onskuldige bloed of om die Heilige Gees te verloën, Alma 39:3–5. Hy wat egbreuk pleeg en nie bekeer nie, sal uitgewerp word, L&V 42:23–26. As enigiemand egbreuk sal pleeg in hulle harte, sal hulle nie die Gees hê nie, L&V 63:14–16.