Regverdigheid, Regverdig Sien ook Gebooie van God; Integriteit; Onregverdig, Onregverdigheid; Waardig, Waardigheid; Wandel, Wandel met God Om juis, heilig, kuis, opreg te wees; om gehoorsaamheid te toon aan God se gebooie; om sonde te vermy. Die Here sal die regverdiges seën, Ps. 5:13. Die Here se oë is op die regverdiges, Ps. 34:16, 18 (1 Petr. 3:12). As die regverdiges talryk word, is die volk bly, Spr. 29:2 (L&V 98:9–10). Geseënd is die wat honger en dors na geregtigheid, Matt. 5:6 (3 Ne. 12:6). Soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, Matt. 6:33. Die regverdiges sal weggaan in die ewige lewe, Matt. 25:46. Die vurige gebed van ’n regverdige het groot krag, Jak. 5:16. Hy wat regverdig is, word deur God begunstig, 1 Ne. 17:35. Hy sal die regverdiges behou, hulle hoef nie te vrees nie, 1 Ne. 22:17, 22. Satan het geen mag vanweë die regverdigheid van die Here se volk nie, 1 Ne. 22:26. As daar geen regverdigheid is nie, is daar geen geluk nie, 2 Ne. 2:13. Die regverdiges sal die koninkryk van God beërwe, 2 Ne. 9:18. Die regverdiges vrees nie die woorde van die waarheid nie, 2 Ne. 9:40. Alle mense moet verander na ’n toestand van regverdigheid, Mosia 27:25–26. Die name van die regverdiges sal geskryf word in die boek van die lewe, Alma 5:58. Julle het gesoek na geluk deur goddelooshede te doen, wat teenstrydig is met die natuur van regverdigheid, Hel. 13:38. Die lied van die regverdige is ’n gebed tot My, L&V 25:12. Staan terwyl julle die borsplaat van die geregtigheid dra, L&V 27:16 (Efés. 6:14). Die dood van die regverdiges sal vir hulle soet wees, L&V 42:46. Die regverdiges sal ingesamel word uit al die volkere, L&V 45:71. Mense moet baie regverdigheid tot stand bring uit eie vrye wil, L&V 58:27. Hy wat die werke van regverdigheid doen, sal vrede in die wêreld ontvang en die ewige lewe in die toekomstige wêreld, L&V 59:23. Tydens die Tweede Koms sal daar ’n algehele skeiding wees van die regverdiges en die bose, L&V 63:54. Die magte van die hemel kan slegs deur die beginsels van regverdigheid beheer word, L&V 121:36. Onder die regverdiges was daar vrede, L&V 138:22. Die volk van Sion het in regverdigheid gewoon, Moses 7:18. Abraham was ’n volgeling van regverdigheid, Abr. 1:2.