Regter, Oordeel Sien ook Jesus Christus—Regter; Oordeel, Die Laaste; Veroordeel, Veroordeling Om gedrag te beoordeel met betrekking tot die beginsels van die evangelie; om goed van kwaad te onderskei. Moses het gesit om reg te spreek oor die volk, Ex. 18:13. Met geregtigheid moet jy oor jou naaste oordeel, Lev. 19:15. Moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie, Matt. 7:1 (JSV, Matt. 7:1–2; Lk. 6:37; 3 Ne. 14:1). Almal wat onder die wet gesondig het, sal deur die wet geoordeel word, Rom. 2:12. Die Heiliges sal die wêreld oordeel, 1 Kor. 6:2–3. Die Seun van die ewige God is deur die wêreld veroordeel, 1 Ne. 11:32. Die Twaalf Apostels van die Lam sal die twaalf stamme van Israel oordeel, 1 Ne. 12:9 (L&V 29:12). Die dood, hel, die duiwel, en alles wat daardeur gegryp is, moet geoordeel word, 2 Ne. 28:23 (1 Ne. 15:33). As julle die man oordeel wat sy smeekbede tot julle rig vir julle besittings, hoeveel regverdiger sal julle veroordeling wees omdat julle jul besittings weerhou, Mosia 4:22. Mense sal geoordeel word volgens hulle werke, Alma 41:3. Oordeel regverdiglik, en jy sal weer geregtigheid aan jou herstel hê, Alma 41:14. Uit die boeke wat geskryf sal word, sal die wêreld geoordeel word, 3 Ne. 27:23–26 (Openb. 20:12). Die oorblywendes van hierdie volk sal deur die twaalf wat Jesus in hierdie land gekies het, geoordeel word, Morm. 3:18–20. Mormon het die manier verduidelik om goed van kwaad te onderskei, Moro. 7:14–18. Plaas jou vertroue in daardie Gees wat lei om regverdig te oordeel, L&V 11:12. Julle behoort in julle harte te sê—laat God oordeel tussen my en jou, L&V 64:11. Die Here se Kerk sal die nasies oordeel, L&V 64:37–38. Die Seun het die geeste in die gevangenis besoek sodat hulle geoordeel mag word volgens mense in die vlees, L&V 76:73 (1 Petr. 4:6). ’n Biskop sal ’n algemene regter wees, L&V 107:72–74. Die Here sal alle mense oordeel volgens hulle werke, volgens die begeerte van hulle harte, L&V 137:9.