Versoek, Versoeking Sien ook Duiwel; Handelingsmag; Volhard ’n Toets van ’n persoon se vermoë om goed in plaas van kwaad te kies; ’n verlokking om te sondig en Satan te volg in plaas van God. Laat ons nie toe om in versoeking gelei te word nie, maar verlos ons van die Bose, Matt. 6:13 (3 Ne. 13:12). God sal nie toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie, 1 Kor. 10:13. Christus is in alle opsigte versoek net soos ons, Hebr. 4:14–15. Geseënd is die man wat versoeking verdra, Jak. 1:12–14. Die versoekings van die teenstander kan nie diegene oorweldig wat ag slaan op die woord van God nie, 1 Ne. 15:24 (Hel. 5:12). Die mens kan nie selfstandig handel nie behalwe as hy verlok is deur die een of die ander, 2 Ne. 2:11–16. Waak en bid gedurig, dat julle nie versoek mag word bo dit wat julle kan verduur nie, Alma 13:28. Leer hulle om elke versoeking van die duiwel te weerstaan, met hulle geloof in die Here Jesus Christus, Alma 37:33. Bid gedurig sodat julle nie in die versoeking mag kom nie, 3 Ne. 18:15, 18 (L&V 20:33; 31:12; 61:39). Pasop vir hoogmoed sodat jy nie in versoeking kom nie, L&V 23:1. Adam het onderhewig geword aan die wil van die duiwel omdat hy toegegee het aan versoeking, L&V 29:39–40. Ek was oorgelaat aan alle soorte versoekinge, JS—G 1:28.