Vloed tydens Noag se Tyd Sien ook Ark; Noag, Bybelse Patriarg; Reënboog Gedurende Noag se tyd was die aarde heeltemal bedek met water. Dit was die doop van die aarde en het ’n reiniging gesimboliseer (1 Petr. 3:20–21). God sal ’n watervloed oor die aarde bring om alle vlees te verdelg, Gén. 6:17 (Moses 7:34, 43, 50–52; 8:17, 30). Die waters van die vloed was op die aarde, Gén. 7:10. God het ’n boog in die wolke opgerig as ’n teken van die verbond, Gén. 9:9–17. Nadat die waters teruggetrek het, het die land Amerika ’n gekose land geword, Ether 13:2. Die bose sal vergaan in die vloed, Moses 7:38; 8:24.