Grade van Heerlikheid Sien ook Selestiale Heerlikheid; Telestiale Heerlikheid; Terrestriale Heerlikheid Verskillende koninkryke in die hemel. By die Laaste Oordeel sal elke persoon ’n ewige woonplek beërwe in ’n spesifieke koninkryk van heerlikheid, behalwe diegene wat seuns van die Verderf is. Jesus het gesê, In die huis van my Vader is daar baie wonings, Joh. 14:2 (Ether 12:32). Daar is een heerlikheid van die son, en ’n ander van die maan, en ’n ander van die sterre, 1 Kor. 15:40–41. Paulus is weggeruk tot in die derde hemel, 2 Kor. 12:2. Daar is ’n plek sonder heerlikheid en ewigdurende straf, L&V 76:30–38, 43–45. Daar is drie grade van heerlikheid, L&V 76:50–113; 88:20–32.