Studiehulp
Gebooie, Die Tien


Gebooie, Die Tien

Tien wette gegee deur God deur die profeet Moses om sedelike gedrag te beheer.

Die Hebreeuse naam vir hulle is die “Tien Woorde”. Hulle word ook genoem die Verbond (Deut. 9:9) of die Getuienis (Ex. 25:21; 32:15). Die gee van God se Tien Gebooie aan Moses, en deur hom aan Israel, word beskryf in Ex. 19:9–20:23; 32:15–19; 34:1. Die gebooie is gegraveer op twee tafels van klip wat in die Ark geplaas is; daarom is die Ark die Verbondsark genoem (Núm. 10:33). Die Here het Deut. 6:4–5 en Lev. 19:18 aangehaal en het die Tien Gebooie opgesom in “twee groot gebooie” (Matt. 22:37–39).

Die Tien Gebooie is herhaal in openbarings van die laaste dae (JSV, Ex. 34:1–2, 14 [Bylae]; Mosia 12:32–37; 13:12–24; L&V 42:18–28; 59:5–13).

Druk