In die skrifture kan vrede óf vryheid van konflik en onrus beteken óf die innerlike kalmte en vertroosting wat gebore word uit die Gees wat God aan sy getroue Heiliges gee.
Vryheid van konflik en onrus
Hy laat oorloë ophou, Ps. 46:10 .
Hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie, Jes. 2:4 .
Vrede van God aan die gehoorsames
Die Saligmaker sal Vredevors genoem word, Jes. 9:5 .
Daar is geen vrede vir die goddelose nie, Jes. 48:22 .
Daar was ’n menigte van die hemelse skare wat God prys en sê: Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, Lk. 2:13–14 .
Vrede laat Ek vir julle na, Joh. 14:27 .
Die vrede van God gaan alle verstand te bowe, Filip. 4:7 .
Koning Benjamin se volk het gemoedsrus ontvang, Mosia 4:3 .
Hoe lieflik op die berge is die voete van diegene wat vrede verkondig, Mosia 15:14–18 (Jes. 52:7 ).
Alma het tot die Here geroep en vrede gevind, Alma 38:8 .
Die geeste van die regverdiges word in ’n toestand van vrede ontvang, Alma 40:12 .
Het Ek nie vrede tot julle gespreek aangaande die saak nie, L&V 6:23 .
Wandel in die ootmoed van my Gees en jy sal vrede hê in My, L&V 19:23 .
Hy wat die werke van regverdigheid doen, sal vrede ontvang, L&V 59:23 .
Beklee julle met die band van liefde, wat die band van volmaaktheid en vrede is, L&V 88:125 .
My seun, vrede vir jou siel, L&V 121:7 .