Studiehulp
Prediker


Prediker

’n Boek in die Ou Testament wat weerspieëlinge bevat van sommige van die diepste probleme van die lewe.

Die boek se skrywer, die Prediker, skryf baie van die boek vanuit die oogpunt van diegene wat sonder evangeliese begrip is. Hy skryf volgens die gevoelens van die mense van die wêreld—dit is, diegene “onder die son” (Pred. 1:9). Baie van die boek blyk negatief en pessimisties te wees (Pred. 9:5, 10). Dit is nie hoe die Here wil hê dat ons die lewe moet ervaar nie maar eerder hoe die Prediker waargeneem het dat dinge voorkom vir oningeligte mense op aarde. Die geestelikste deel van die boek is in hoofstukke 11 en 12 waar die skrywer tot die slotsom kom dat die enigste ding van blywende waarde gehoorsaamheid aan God se gebooie is.

Druk