Hoofstuk 7
Ammon vind die land Lehi-Nefi waar Limhi koning is—Limhi se volk is in slawerny tot die Lamaniete—Limhi vertel hul geskiedenis—’n Profeet (Abinadi) het getuig dat Christus die God en Vader is van alle dinge—Diegene wat vieslikheid saai, oes die warrelwind, en diegene wat hulle vertroue in die Here plaas, sal verlos word. Ongeveer 121 v.C.
1 En nou, dit het gebeur dat nadat koning Mosia voortdurende vrede gehad het vir ’n tydperk van drie jaar, was hy begerig om te weet aangaande die mense wat opgegaan het om in die land Lehi-Nefi te woon, of in die stad Lehi-Nefi; want sy volk het niks gehoor van hulle vanaf die tyd dat hulle die land Zarahemla verlaat het nie; daarom, hulle het hom vermoei met hul neulery.
2 En dit het gebeur dat koning Mosia toegestem het dat sestien van hulle sterk manne mag opgaan na die land Lehi-Nefi, om navraag te doen aangaande hulle broers.
3 En dit het gebeur dat hulle die volgende dag begin het om op te gaan, en by hulle was ene Ammon, en hy was ’n sterk en magtige man, en ’n afstammeling van Zarahemla; en hy was ook hulle leier.
4 En nou, hulle het nie die koers geken wat hulle moes reis in die wildernis om op te gaan na die land Lehi-Nefi nie; daarom het hulle baie dae rondgedwaal in die wildernis en wel veertig dae het hulle rondgedwaal.
5 En nadat hulle veertig dae rondgedwaal het, het hulle by ’n heuwel gekom, wat noord is van die land Silom, en daar het hulle hul tente opgeslaan.
6 En Ammon het drie van sy broers geneem, en hulle name was Amaleki, Helem, en Hem, en hulle het afgegaan in die land Nefi.
7 En kyk, hulle het die koning van die volk teëgekom wat in die land Nefi was, en in die land Silom; en hulle is omsingel deur die koning se lyfwag, en is geneem, en is gebind en is in die gevangenis geplaas.
8 En dit het gebeur toe hulle twee dae in die gevangenis was, is hulle weer voor die koning gebring, en hulle boeie is losgemaak; en hulle het voor die koning gestaan en is toegelaat, of eerder beveel, dat hulle die vrae moes beantwoord wat hy hulle sou vra.
9 En hy het aan hulle gesê: Kyk, ek is Limhi, die seun van Noag, wat die seun van Zenif was, wat opgekom het uit die land Zarahemla om hierdie land te beërwe, wat die land van hul vaders was, wat ’n koning gemaak is deur die stem van die volk.
10 En nou, ek begeer om die oorsaak te weet waarom julle so gewaagd was as om naby die mure van die stad te kom, toe ek met my wagte buite die poort was?
11 En nou, om hierdie rede het ek toegelaat dat julle beskerm word, dat ek by julle navraag mag doen, of anders sou ek beveel het dat my wagte julle om die lewe moes bring. Julle mag praat.
12 En nou, toe Ammon sien dat hy toegelaat was om te praat, het hy na vore gestap en homself neergebuig voor die koning; en toe hy weer opstaan, sê hy: O, koning, ek is voor God vandag baie dankbaar dat ek nog lewe, en toegelaat word om te spreek; en ek sal poog om met vrymoedigheid te spreek;
13 Want ek is seker dat as u my geken het, u nie sou toegelaat het dat ek hierdie boeie moes dra nie. Want ek is Ammon, en is ’n afstammeling van Zarahemla, en het opgekom uit die land Zarahemla om navraag te doen aangaande ons broers, wat Zenif uitgebring het uit daardie land.
14 En nou, dit het gebeur dat nadat Limhi die woorde gehoor het van Ammon, was hy uitermate verheug, en het gesê: Nou, ek weet vir seker dat my broers wat in die land Zarahemla was, nog lewe. En nou, ek sal my verbly; en môre sal ek sorg dat my volk hulle ook verbly.
15 Want kyk, ons is in slawerny onder die Lamaniete, en word belas met ’n belasting wat swaar is om te dra. En nou, kyk, ons broers sal ons verlos uit ons slawerny, of uit die hande van die Lamaniete, en ons sal hulle slawe wees; want dit is beter dat ons slawe van die Nefiete is, as om belasting te betaal aan die koning van die Lamaniete.
16 En nou, koning Limhi het sy wagte beveel dat hulle nie langer vir Ammon of sy broers moes bind nie, maar het beveel dat hulle na die heuwel gaan wat noord van Silom was, en hulle broers die stad inbring, dat hulle sodoende mag eet en drink, en hulleself uitrus na die vermoeienis van hulle reis; want hulle het baie dinge gely; hulle het honger, dors en uitputting gely.
17 En nou, dit het gebeur op die volgende dag dat koning Limhi ’n aankondiging laat uitroep het onder sy hele volk, dat hulle hulself daarvolgens mag bymekaarmaak by die tempel, om die woorde te hoor wat hy met hulle sou spreek.
18 En dit het gebeur dat nadat hulle hulself versamel het, dat hy met hulle gespreek het op hierdie wyse, en gesê het: O julle, my volk, rig julle hoofde op en wees getroos; want kyk, die tyd is op hande, of is nie ver nie, wanneer ons nie langer onderdanig sal wees aan ons vyande nie, nieteenstaande ons baie worstelinge, wat vergeefs was; tog vertrou ek dat daar ’n doeltreffende stryd oorbly om gestry te word.
19 Daarom, rig julle hoofde op, en verheug julle, en stel julle vertroue in God, in daardie God wat die God was van Abraham, en Isak, en Jakob; en ook, daardie God wat die kinders van Israel uitgebring het uit Egipteland, en hulle deur die Rooi See laat loop op droë grond, en hulle gevoed het met manna sodat hulle nie mag vergaan in die wildernis nie; en baie meer dinge het Hy vir hulle gedoen.
20 En verder, daardie selfde God het ons vaders uitgebring uit die land Jerusalem, en het sy volk behoed en bewaar en wel tot op hede; en kyk, dit is vanweë ons ongeregtighede en gruwels dat Hy ons in slawerny gebring het.
21 En julle is vandag almal getuies, dat Zenif, wat koning gemaak is oor hierdie volk, omdat hy oorywerig was om die land van sy vaders te beërwe, daarom is hy bedrieg deur die sluheid en listigheid van koning Laman, wat ’n verdrag met koning Zenif aangegaan het, en in sy hande die besit oorgelewer het van ’n deel van die land, oftewel die stad Lehi-Nefi, en die stad Silom; en die omliggende land—
22 En dit alles het hy gedoen, met die uitsluitlike doel om hierdie volk tot onderdanigheid te bring of in slawerny. En kyk, op hierdie tydstip betaal ons belasting aan die koning van die Lamaniete, ten bedrae van een helfte van ons mielies, en ons gars, en wel al ons graan van elke soort, en een helfte van die aanwas van ons kuddes en ons troppe; en wel een helfte van alles wat ons het of besit, eis die koning van die Lamaniete van ons, of ons lewens.
23 En nou, is dit nie swaar om te verdra nie? En is dit, ons verdrukking, nie groot nie? Nou kyk, hoeveel rede het ons om te treur.
24 Ja, ek sê vir julle, groot is die redes wat ons het om te treur; want kyk hoeveel van ons broers is gedood, en hulle bloed is tevergeefs gestort, en alles vanweë ongeregtigheid.
25 Want as hierdie volk nie verval het in oortreding nie, sou die Here nie toegelaat het dat hierdie groot kwaad oor hulle gekom het nie. Maar kyk, hulle wou nie op sy woorde ag slaan nie; maar daar het twiste ontstaan onder hulle, en wel tot so ’n mate dat hulle bloed onder mekaar vergiet het.
26 En hulle het ’n profeet van die Here doodgemaak; ja, ’n uitverkore man van God, wat hulle vertel het van hulle boosheid en gruwels, en geprofeteer het van baie dinge wat moet kom, ja, en selfs die koms van Christus.
27 En omdat hy aan hulle gesê het dat Christus die God was, die Vader van alle dinge, en gesê het dat Hy vir Hom die gestalte van ’n mens sou aanneem, en dit sou die gestalte wees waarna die mens geskape is in die begin; of met ander woorde, hy het gesê dat die mens geskape is volgens die gestalte van God, en dat God sou neerdaal onder die kinders van mense, en vir Hom vlees en bloed sou aanneem, en sou uitgaan op die aangesig van die aarde—
28 En nou, omdat hy dit gesê het, het hulle hom doodgemaak; en baie meer dinge het hulle gedoen wat die toorn van God op hulle neergebring het. Daarom, wie wonder dat hulle in slawerny is, en dat hulle getref word met sware verdrukkinge?
29 Want kyk, die Here het gesê: Ek sal my volk nie bystaan op die dag van hulle oortreding nie; maar Ek sal hulle weë versper sodat hulle nie voorspoedig is nie; en hulle dade sal soos ’n struikelblok voor hulle wees.
30 En verder, Hy het gesê: As my volk vieslikheid sal saai, sal hulle die kaf daarvan maai in die warrelwind; en die uitwerking daarvan is gif.
31 En verder, Hy het gesê: As my volk vieslikheid sal saai, sal hulle die oostewind maai, wat onmiddellike vernietiging meebring.
32 En nou, kyk, die belofte van die Here is vervul, en julle word geslaan en verdruk.
33 Maar as julle sal keer na die Here met volle voorneme van hart, en julle vertroue in Hom stel, en Hom dien met alle ywer van verstand, as julle dit doen, sal Hy, volgens sy eie wil en behae, julle verlos uit slawerny.