1–5, Getroue Heiliges ontvang daardie Trooster, wat die belofte is van die ewige lewe; 6–13, Alle dinge word beheer en gereguleer deur die Lig van Christus; 14–16, Die Opstanding kom deur die Verlossing; 17–31, Gehoorsaamheid aan die selestiale, terrestriale, of telestiale wet berei mense voor vir daardie onderskeie koninkryke en heerlikhede; 32–35, Diegene wat in sonde wil bly, bly steeds vieslik; 36–41, Alle koninkryke word beheer deur wette; 42–45, God het aan alle dinge ’n wet gegee; 46–50, Die mens sal selfs God begryp; 51–61, Die gelykenis van die man wat sy diensknegte na die veld uitstuur en hulle die een na die ander besoek; 62–73, Kom nader aan die Here en julle sal sy aangesig sien; 74–80, Heilig julleself en onderrig die leerstellings van die koninkryk aan mekaar; 81–85, Elkeen wat gewaarsku is moet sy naaste waarsku; 86–94, Tekens en beroerings van die elemente, en engele berei die weg voor vir die koms van die Here; 95–102, Engele se trompetgeskal roep die dode op in hulle volgorde; 103–116, Engele se trompetgeskal verkondig die herstelling van die evangelie, die val van Babilon, en die stryd van die groot God; 117–126, Soek geleerdheid, vestig ’n huis van God (’n tempel), en klee julleself met die band van naasteliefde; 127–141, Die orde van die Skool van die Profete word uiteengesit, insluitende die ordinansie van wassing van voete.