Die Bybel en die Boek van Mormon leer dat monogamie God se standaard vir die huwelik is tensy Hy andersins verklaar (sien 2 Samuel 12:7–8 en Jakob 2:27, 30). Ná ’n openbaring aan Joseph Smith, is die praktyk van die veelvoudige huwelik ingestel onder Kerklede in die vroeë 1840s (sien afdeling 132). Van die 1860s tot die 1880s het die regering van die Verenigde State wette ingestel wat hierdie godsdienstige praktyk onwettig gemaak het. Hierdie wette is uiteindelik deur die V.S. Hooggeregshof gehandhaaf. Na die ontvangs van openbaring het President Wilford Woodruff die volgende Manifes uitgereik, wat deur die Kerk aanvaar is as gesaghebbend en bindend op 6 Oktober 1890. Dit het gelei tot die einde van die praktyk van die veelvoudige huwelik in die Kerk.