“4. “Die Ontwikkeling van Sosiale Herstellingsvermoë,” Aanpassing by Diens-sendelinglewe: Hulpbronboekie (2020)
“4. Die Ontwikkeling van Sosiale Herstellingsvermoë,” Aanpassing by Diens-sendelinglewe
4. Die Ontwikkeling van Sosiale Herstellingsvermoë
Verhoudings kan ʼn bron van spanning wees en ook ʼn hulpbron om spanning te hanteer. Navorsing toon dat gesonde verhoudings lewenslange voordele inhou. Sulke verhoudings hou verband met goeie verstandelike en fisiese gesondheid. Wanneer ons oorspanne is, kan verhoudings daaronder ly. Oorweeg die volgende voorstelle om goeie verhoudings op te bou. Verwys ook na die afdeling “1. Die Ontwikkeling van Herstellingsvermoë onder Spanning” vir bykomende idees.
A. Kommunikeer met Ander
-
Identifiseer en gebruik jou sterk punte terwyl jy dien. Jy het sterk punte wat jou kan help om ʼn doeltreffende sendeling te wees. Soek inspirasie om jou te help om jou sterk punte te verstaan. Die Here sal jou help om hierdie sterk punte in sy diens te gebruik. Byvoorbeeld, sommige mense vind dit besielend om met ander te praat. Ander mense vind dit uitputtend. Maar beide soorte mense kan doeltreffende diens-sendelinge wees. As dit jou uitput om met nuwe mense te praat, moenie jouself ooreis nie. Wees ʼn goeie vriend vir diegene wat jy goed ken. Jou sterk punte kan jou kreatiewe idees, jou insigte oor mense of jou vermoë om te beplan wees.
-
Stel belang in ander. Leer vrae wat jy kan gebruik om ander mense aan te moedig om te praat. Vra mense oor hul werk, stokperdjies, familie of persoonlike geskiedenis. Vra wat vir hulle die belangrikste is en waarna hulle hunker of oor bekommerd is. Luister vir geleenthede om te getuig van ʼn evangeliebeginsel wat op hulle van toepassing sal wees. Probeer om belangstelling in ander te toon. Dit is deel van wat dit beteken om ons naastes lief te hê. Wees ook bereid om hulle vrae oor jou te beantwoord.
-
Stel ʼn doelwit om elke dag ʼn nuwe persoon te leer ken. Gebruik die persoon se naam in die eerste minuut nadat jy hom of haar ontmoet het. Gebruik dit weer wanneer julle die gesprek beëindig. Skryf die naam neer om jou te help onthou.
-
Fokus daarop om ander te help. Fokus jou aandag op die behoeftes van ander. As jy dit doen, sal jy minder selfbewus voel oor jou eie behoeftes of ontoereikendhede (sien Mosia 2:17).
-
Vra hulp om ander te verstaan. Nie almal is goed daarmee om ander mense se gesigsuitdrukkings of lyftaal te verstaan nie. As jy sukkel om op te let hoe ander mense voel, vra iemand om jou te help.
-
Gee jouself toestemming om selfversekerd te klink, selfs al voel jy dit nie. Toe President Gordon B. Hinckley op ʼn sending was, het sy pa vir hom gesê: “Vergeet jouself en gaan werk” (in “Taking the Gospel to Britain,” Ensign, Julie 1987, 7). Hierdie raad is nuttig vir alle sendelinge. Probeer om jou vrese oor hoe jy doen, te ignoreer. Fokus eerder op jou roeping om ander te dien.
B. Vermy om Eensaam of Uitgelaat te Voel
-
Vra vrae om oor ander mense te leer. Vra ander mense oor hul ervarings en gevoelens sodat jy hulle beter sal verstaan. Wanneer jy ander mense verstaan, sal jy minder eensaam voel.
-
Deel meer. Deel jou gedagtes en gevoelens met ander. Ons voel eensaam wanneer ons voel dat ander ons nie ken en waardeer nie.
-
Defineer wat “eensaam” vir jou beteken. Probeer om te bepaal watter gevoelens, gedagtes en gedrag jou eensaam laat voel. Probeer dan om aan hierdie dinge te werk.
-
Praat met volwassenes wat omgee. Laat hierdie volwassenes weet hoe jy voel. Hulle het dalk voorstelle vir wat jy kan doen om nie eensaam te voel nie.
C. Die Beheer van Konflik of Kritiek
-
Verduidelik met respek wat jou pla. As iemand se gedrag jou pla, praat met respek met die persoon. Verduidelik wat jy graag verander wil hê, maar moenie die ander persoon se gedrag kritiseer nie. As jy krities of kwaad is, kan die ander persoon verdedigend word en minder samewerkend wees. Jy kan byvoorbeeld sê: “Ek het ʼn ware afkeer van vullis wat in die teekamer gelaat word. Maar ek hou ook nie daarvan om alles self skoon te maak nie. Ek wonder hoe ons almal kan herinner om na hul eie vullis om te sien.” Of, “Ek is bekommerd dat jy vir my kwaad is wanneer jy so stil is. Kan jy my vertel wat jy dink?”
-
Vra vir terugvoering. Vra ander vir voorstelle oor hoe jy jou swakhede kan oorkom. Vra ook vir die Here om jou te help om jou swakheid te verstaan (sien Ether 12:27).
-
Wees vriendelik teenoor ander. Wanneer jy aan ander dink, moet jy nie negatiewe oordele maak of hulle negatiewe etikette gee nie. Moenie probeer om jouself beter te laat voel deur aan ander mense se foute te dink nie.
-
Fokus op die oplossing van probleme, nie mense nie. Wanneer mense dinge doen wat jou pla, fokus op die identifisering en oplossing van die onderliggende probleme, nie om die mense te kritiseer of te probeer om hulle reg te stel nie. Wanneer jy met mense praat, probeer om ʼn eweredige toon te hou wat nie kwaad of selfbejammerend is nie (sien Efésiërs 4:29–32).
-
Moenie aanstoot neem nie. Aanvaar voorstelle van ander met soveel grasie en humor as wat jy kan. Doen dit selfs al is iemand onbeleefd. As jy voel dat iemand jou kritiseer, sê: “Dankie vir die terugvoer. Ek sal daaraan werk.”
-
Komplimenteer en dien ander dikwels. Bedank ander vir dinge wat jy waardeer, en wys op dinge wat hulle goed doen. Soek vir eenvoudige maniere om elke dag ander te dien en te help.
-
Bid vir die gawe van naasteliefde. Doen dit “met al die energie van jou hart” (Moroni 7:48). Vra vir oë om ander te sien soos God hulle sien. Sluit in jou gebede die mense wat jou verwerp en jou seermaak (sien 3 Nefi 12:44).
D. Kom met Leiers oor die Weg
-
Wees nederig. Nederigheid is ʼn noodsaaklike deel daarvan om onderrigbaar te wees en om bereid te wees om te verbeter (sien Leer en Verbonde 112:10). Vra jou leiers vir voorstelle oor hoe jy kan verbeter. Wees bereid om raad van hulle te neem, en laat hulle weet dat hulle op jou kan staatmaak. Bedank jou leiers vir hul diens, beide mondelings en skriftelik.
-
Probeer om ʼn goeie volgeling te wees. Sommige mense wantrou gesagsfigure of vind dit moeilik om leiding te aanvaar. Hulle kan dalk gewoond wees om hulle eie baas te wees. Ander voel dalk kompeterend met kollegas. Laat jou leiers weet as jy hierdie uitdagings het. Bid vir nederigheid om ʼn goeie volgeling te wees.
-
Bid vir al jou leiers. Bid vir jou leiers, veral vir leiers teenoor wie jy onvriendelike gevoelens het.
-
Besef dat leiers menslik is. Soms dink ons leiers is veronderstel om baie beter as ander mense te wees. Indien wel, kan ons teleurgesteld wees en krities raak wanneer hulle foute maak. Leiers kan ongeduldig raak, swak oordeel aan die dag lê en ons verkeerd verstaan. As jy onvolmaakthede sien, soek ook vir positiewe eienskappe (sien Mormon 9:31).
-
Leer uit jou leier se sterk punte. Maak ʼn lys van eienskappe wat jou leier het wat jy wil navolg wanneer dit jou beurt is om te lei.
E. Help Ander om jou Sendingtoewysing te Verstaan
-
Verduidelik wat ʼn diens-sending is. Sommige Kerklede verstaan dalk nie wat ʼn diens-sending is nie. Jy kan sê: “Diens-sendelinge dien tot 40 uur per week by Kerk- of gemeenskapsfasiliteite. Hulle het sendingreëls en -riglyne wat verskil van dié vir proseliterende sendelinge. Byvoorbeeld, ek sal by die huis woon. Ek sal by vir uur per week dien. Ek sal in my vrye tyd aan die jong enkelvolwasse wyk en die aktiwiteite kan deelneem.”
-
Verduidelik dat jy geroep is as ʼn verteenwoordiger van Jesus Christus en sy Kerk. Hierdie roeping is dieselfde vir elke sendeling en verander nie wanneer toewysings verander nie. Maar jou opdrag, ure of duur van diens kan verander. Byvoorbeeld, jy is dalk hertoegewys na ʼn diens-sending as gevolg van gesondheidsprobleme. Jy kan sê: “Ek is nog steeds ʼn sendeling. Maar ek is hertoegewys na ʼn nuwe sending waar ek nou my diens sal fokus.”
-
Laat mense weet wat jy wil hê en nodig het. Miskien begin jy nou net met jou diens-sending. Jy kan dalk wykslede nooi om te leer oor wat jy doen. Vra hulle om ondersteunend te wees. As jy hertoegewys is, kan jy vir ʼn paar minute in ʼn Verligtingsvereniging- of Ouderlingskworumvergadering vra. Verduidelik jou verandering van opdrag aan die lede en vra vir ondersteuning. As jy die einde van jou sending nader, kan jy ander om hulp vra. Vra hulp om ʼn werk te kry of om universiteit toe te gaan terwyl jy die oorgang maak.