“Die Gebruik van die Uitdagingslogboek,” Aanpassing by Diens-sendelinglewe: Hulpbronboekie (2020)
“Die Gebruik van die Uitdagingslogboek,” Aanpassing by Diens-sendelinglewe
Die Gebruik van die Uitdagingslogboek
Aanwysings
-
Bestudeer die “Lys van Uitdagings” wat volg. Elkeen van hierdie uitdagings word in hierdie boekie bespreek. Langs elke uitdaging is die afdeling waar dit bespreek word.
-
Kies ʼn uitdaging waaraan jy graag wil werk. Skryf die uitdaging in die “Uitdagingslogboek.” Skryf ook jou begindatum neer.
-
Gaan na die afdeling van hierdie boekie wat voorstelle verskaf om daardie uitdaging te oorkom.
-
Lees die voorstelle in daardie afdeling. Kies een of meer van die voorstelle wat vir jou nuttig sal wees.
-
Skryf die voorstel(le) in die “Uitdagingslogboek” onder “Plan vir Verbetering.” Skryf ook wat jy graag wil bereik onder “Verwagte Uitkoms.”
-
Deel jou plan met ʼn toerekenbaarheidsvennoot, soos ʼn ouer of diens-sendingleier, sodat hierdie persoon jou met jou plan kan help.
-
Probeer om die voorstelle te gebruik gedurende die volgende week. Plaas elke dag ʼn regmerkie in die “Uitdagingslogboek” om jou vordering te toon.
-
Aan die einde van die week, evalueer wat gewerk het en wat nie gewerk het nie. Teken ook jou persoonlike opsomming van jou week aan.
-
Besluit of jy wil voortgaan om vir nog ʼn week aan dieselfde voorstelle te werk. Jy kan ook ander voorstelle vir hierdie uitdaging kies en daaraan werk. Of as jy goeie vordering gemaak het, kan jy besluit om ʼn ander uitdaging te kies. Skep nog ʼn “Uitdagingslogboek” soos nodig.