Diens-sendeling
Sien op na My


“Sien op na My,” Aanpassing by Diens-sendelinglewe: Hulpbronboekie (2020)

“Sien op na My,” Aanpassing by Diens-sendelinglewe

Jesus Christus met skape

The Lord Is My Shepherd [Die Here Is My Herder], deur Simon Dewey

Sien op na My

Onthou, die Saligmaker het jou lief. Vertrou op Hom en sy krag om jou te genees en te verlos. God het ʼn volmaakte plan vir sy onvolmaakte kinders. Dit is die goeie nuus wat jy deur jou diens en voorbeeld aan die wêreld demonstreer. Onthou hierdie beloftes:

“Voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, soos Ek vir my dissipels gesê het, waar twee of drie byeen is in my Naam, rakende een ding, kyk, daar sal Ek wees in hulle midde—net so is Ek in julle midde.

“Vrees nie om goed te doen nie, … want wat julle saai, dit sal julle ook maai; daarom, as julle goed saai, sal julle ook die goeie maai vir jul loon.

“Daarom, vrees nie, klein kuddetjie; doen goed; laat die aarde en die hel saamspan teen julle, want as julle gebou is op my rots, kan hulle nie oorwin nie.

“Kyk, Ek veroordeel jou nie; gaan heen en sondig nie meer nie; doen die werk met erns wat Ek jou gebied het.

“Sien op na My in elke gedagte; twyfel nie, vrees nie.

“Beskou die wonde wat my sy deurboor het, en ook die merke van die spykers in my hande en voete; wees getrou, onderhou my gebooie, en julle sal die koninkryk van die hemel beërwe” (Leer en Verbonde 6:32–37).