Diens-sendeling
Hertoewysing van ʼn Proseliterende Sending


“Hertoewysing van ʼn Proseliterende Sending,” Aanpassing by Diens-sendelinglewe: Hulpbronboekie (2020)

“Hertoewysing van ʼn Proseliterende Sending,” Aanpassing by Diens-sendelinglewe

Beeld
diens-sendelinge lees skrifture saam

Hertoewysing van ʼn Proseliterende Sending

Wanneer jy van ʼn proseliterende sending na ʼn diens-sending hertoegewys word, beïnvloed die hertoewysing nie jou roeping as ʼn sendeling nie.

Hantering van die Verandering

  • Die hertoewysing van ʼn proseliterende na ʼn diens-sending is vir baie sendelinge traumaties. Jy kan ʼn wye verskeidenheid negatiewe gevoelens ervaar. Maar wees verseker dat die Saligmaker jou situasie ken. Sy liefde vir jou is volmaak. Hy wil jou diens steeds hê en het dit nodig. Hy het jou diens nodig om sy koninkryk op te bou voor sy terugkeer na die aarde.

  • Hertoegewysde sendelinge voel dikwels skuldig. Hulle is spyt dat hulle nie in ʼn proseliterende sending kon bly nie. Daardie skuldgevoelens kan hulle verhoed om die Gees te voel. As jy in hierdie situasie is, onthou dat die Gees met jou is. Daar is geen goeie rede om skuldig te voel as jy nie ʼn proseliterende sending voltooi nie. Jy is beide gewillig en waardig om te dien (sien Leer en Verbonde 64:34).

  • Skuldgevoelens kan voortspruit uit chemiese reaksies in die brein. Hierdie gevoelens is dalk nie die gevolg van sonde nie. Dit is van kritieke belang om die verskil te verstaan en te herken.

Steeds ʼn Sukses

Dink aan die verhaal van Helaman en sy 2 060 jong krygers (sien Alma 57:19–27). Al 2 060 krygers het wonde opgedoen. Baie van hulle het flou geword van bloedverlies. Die oorlewing van almal van hulle was wonderbaarlik. Dit maak nie saak hoeveel wonde elkeen gehad het nie, al 2 060 was suksesvol. Hulle was almal bereid om die saak van regverdigheid te dien. Hulle was getrou, gehoorsaam en moedig. Jy kan hulle voorbeeld volg en ʼn getroue sendeling wees.

Wonde in vandag se sendingwerk kan fisiese, verstandelike en emosionele siektes insluit. Hierdie siektes kom uit ʼn wye verskeidenheid bronne en oorsake. Jy kan voortgaan om te dien en suksesvol te wees. Jy is gewillig en waardig en kan jou vermoëns in God se diens gebruik. (Sien Leer en Verbonde 4.)

Beeld
sendeling wat studeer

Soos jy vorentoe gaan in jou nuwe toewysing, onthou hierdie inspirerende woorde van Ouderling Gerrit W. Gong: “Ons kan ons lewens vind deur ons lewens te verloor ter wille van die Saligmaker” (“Becoming Perfect in Christ,” Ensign of Liahona, Julie 2014, 19). En jy kan altyd krag vind in die Saligmaker se belofte: “Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee. … Want my juk is sag en my las is lig” (Matthéüs11:28, 30).

Gaan Voort om te Groei

Noudat jy hertoegewys is, woon jy weer by die huis. Probeer om nie terug te keer na ou gewoontes van afhanklikheid van ander nie. Jy is nog steeds ʼn sendeling! Gaan voort om volwasse vaardighede te ontwikkel, soos hierdie:

  • Sorg vir jou eie klere deur dit self te was, droog te maak en te stryk.

  • Sien om na jou persoonlike versorging. Stort daagliks en stel jouself voor as ʼn verteenwoordiger van die Saligmaker.

  • Leer om te kook, koop jou kruideniersware en monitor watter kosse jy eet.

  • Maak seker dat jy elke dag oefen.

  • Kry genoeg slaap om gesond en op en wakker te bly.

  • Doen daagliks persoonlike evangeliestudie en gebed.

  • Stel haalbare doelwitte en subdoelwitte, en skryf dit neer.

Druk