Skrifture
Alma 54


Hoofstuk 54

Ammoron en Moroni onderhandel vir die uitruiling van gevangenes—Moroni eis dat die Lamaniete terugtrek en hulle moorddadige aanvalle staak—Ammoron eis dat die Nefiete hulle wapens neerlê en onderdanig word aan die Lamaniete. Ongeveer 63 v.C.

1 En nou het dit gebeur aan die begin van die nege en twintigste jaar van die regters, dat Ammoron na Moroni gestuur het om te vra dat hy gevangenes moes uitruil.

2 En dit het gebeur dat Moroni gevoel het om uitermate te jubel oor hierdie versoek, want hy het die voorrade begeer wat uitgedeel is vir die onderhoud van die Lamanitiese gevangenes vir die onderhoud van sy eie mense; en hy het ook sy eie mense begeer vir die versterking van sy leër.

3 Nou het die Lamaniete baie vroue en kinders geneem, en daar was nie ’n vrou nóg ’n kind onder al die gevangenes van Moroni, of die gevangenes wat Moroni geneem het; daarom het Moroni besluit op strategie om soveel van die gevangenes van die Nefiete van die Lamaniete af te verkry as wat moontlik was.

4 Daarom het hy ’n brief geskryf, en dit gestuur deur die dienskneg van Ammoron wat ’n brief vir Moroni gebring het. Nou hierdie is die woorde wat hy aan Ammoron geskryf het, en gesê het:

5 Kyk, Ammoron, ek het ietwat aan jou geskryf aangaande hierdie oorlog wat julle gevoer het teen my volk, of eerder, wat jou broer gevoer het teen hulle, en wat julle nog vasbeslote is om voort te sit na sy dood.

6 Kyk, ek wil jou ietwat vertel aangaande die geregtigheid van God, en die swaard van sy almagtige toorn, wat oor julle hang tensy julle bekeer en julle leërs terugtrek na julle eie grondgebied, of na die land van jul besitting, wat die land Nefi is.

7 Ja, ek sou jou hierdie dinge vertel het as jy in staat was om ag te slaan op hulle; ja, ek sou jou vertel aangaande daardie vreeslike hel wat wag om sulke moordenaars te ontvang soos jy en jou broer was, tensy julle bekeer en julle moorddadige voornemens terugtrek, en terugkeer met jul leërs na jul eie grondgebied.

8 Maar omdat julle eenmaal hierdie dinge verwerp het, en geveg het teen die volk van die Here, net so mag ek verwag dat julle dit weer sal doen.

9 En nou kyk, ons is bereid om julle te ontvang; ja, en tensy julle jul voornemens terugtrek, kyk, julle sal die toorn van daardie God wat julle verwerp het op julle neertrek, en wel tot julle algehele vernietiging.

10 Maar, sowaar as die Here leef, ons leërs sal op julle afkom tensy julle terugtrek, en julle sal spoedig deur die dood besoek word, want ons sal ons stede en ons lande behou; ja, en ons sal ons godsdiens handhaaf en die saak van ons God.

11 Maar kyk, dit lyk vir my dat ek tevergeefs met jou spreek aangaande hierdie dinge; of dit lyk vir my dat jy ’n kind van die hel is; daarom sal ek my brief afsluit deur aan jou te vertel dat ek nie gevangenes sal uitruil nie, tensy dit op voorwaarde is dat jy ’n man en sy vrou en sy kinders sal uitlewer, vir een gevangene; as dit die geval is dat jy dit sal doen, sal ek uitruil.

12 En kyk, as julle dit nie doen nie, sal ek teen julle opkom met my leërs; ja, ek sal selfs my vroue en my kinders bewapen, en ek sal teen julle opkom, en ek sal julle volg tot in julle eie land, wat die land van ons eerste erfenis is; ja, en dit sal bloed vir bloed wees, ja, lewe vir lewe; en ek sal julle beveg totdat julle uitgeroei is vanaf die aangesig van die aarde.

13 Kyk, ek verkeer in my toorn, en ook my volk; julle het gesoek om ons te vermoor, en ons het net gesoek om onsself te verdedig. Maar kyk, as julle soek om ons verder te vernietig, sal ons soek om julle te vernietig; ja, en ons sal ons land soek, die land van ons eerste erfenis.

14 Nou sluit ek my brief af. Ek is Moroni; ek is ’n leier van die volk van die Nefiete.

15 Nou het dit gebeur dat Ammoron, toe hy hierdie brief ontvang het, vertoornd was; en hy het nog ’n brief geskryf aan Moroni, en hierdie is die woorde wat hy geskryf, en gesê het:

16 Ek is Ammoron, die koning van die Lamaniete; ek is die broer van Amalikia vir wie julle vermoor het. Kyk, ek sal sy bloed wreek op julle, ja, en ek sal op julle afkom met my leërs, want ek vrees nie julle dreigemente nie.

17 Want kyk, julle vaders het hulle broers verontreg, in soverre dat hulle hul beroof het van hulle reg op die regering, toe dit na regte aan hulle behoort het.

18 En nou, kyk, as julle jul wapens sal neerlê, en julle onderwerp om regeer te word deur diegene aan wie die regering na regte behoort, dan sal ek my volk hulle wapens laat neerlê en sal nie langer in oorlog verkeer nie.

19 Kyk, jy het baie dreigemente teen my en my volk geuiter; maar kyk, ons vrees nie jou dreigemente nie.

20 Nogtans, ek sal toelaat om gevangenes uit te ruil volgens jou versoek, graag, sodat ek my voedsel kan behou vir my manne van oorlog; en ons sal ’n oorlog voer wat ewig sal wees, óf om die Nefiete aan ons gesag te onderwerp, óf tot hulle ewige uitwissing.

21 En betreffende daardie God wat jy sê ons verwerp het, kyk, ons ken nie so ’n wese nie; nóg julle; maar as dit so is dat daar so ’n wese is, dink ons dat dit moontlik is dat Hy ons gemaak het sowel as julle.

22 En as dit so is dat daar ’n duiwel is en ’n hel, kyk, sal Hy jou nie daarheen stuur om te woon saam met my broer vir wie julle vermoor het nie, van wie julle geskimp het dat hy na so ’n plek gegaan het? Maar kyk, hierdie dinge maak nie saak nie.

23 Ek is Ammoron, en ’n afstammeling van Zoram, vir wie julle vaders gedwing en uitgebring het uit Jerusalem.

24 En kyk, nou, ek is ’n moedige Lamaniet; kyk, hierdie oorlog is gevoer om hulle onregte te wreek, en om hul regte te handhaaf en te verkry oor die regering; en ek sluit my brief aan Moroni af.