Skrifture
Jarom 1


Die Boek van Jarom

Hoofstuk 1

Die Nefiete onderhou die wet van Moses, sien uit na die koms van Christus, en is voorspoedig in die land—Baie profete arbei om die mense op die weg van waarheid te hou. Ongeveer 399–361 v.C.

1 Nou kyk, ek, Jarom, skryf ’n paar woorde volgens die bevel van my vader, Enos, dat ons geslagsregister bygehou mag word.

2 En aangesien hierdie plate klein is, en aangesien hierdie dinge geskrywe word ter wille van die voordeel van ons broers die Lamaniete, daarom, dit moet noodwendig wees dat ek min skryf; maar ek sal nie die dinge skryf aangaande my profeterings, nóg van my openbaringe. Want wat kon ek meer skryf as wat my vaders geskrywe het? Want het hulle nie die heilsplan geopenbaar nie? Ek sê vir julle, Ja; en dit is genoeg vir my.

3 Kyk, dit is noodsaaklik dat baie gedoen moet word onder hierdie volk, vanweë die hardheid van hulle harte, en die doofheid van hulle ore, en die blindheid van hulle verstand, en die styfheid van hulle nekke; nietemin, God is uitermate barmhartig teenoor hulle, en het hulle nog nie weggevee van die aangesig van die land nie.

4 En daar is baie onder ons wat baie openbaringe het, want hulle is nie almal hardnekkig nie. En soveel as wat nie hardnekkig is nie en geloof het, het gemeenskap met die Heilige Gees, wat openbaring gee aan die kinders van mense, volgens hulle geloof.

5 En nou kyk, tweehonderd jaar het verbygegaan, en die volk van Nefi het sterk geword in die land. Hulle het daarop gelet om die wet van Moses te onderhou en om die sabbatdag te heilig tot die Here. En hulle het nie gevloek nie; nóg het hulle God gelaster. En die wette van die land was uitermate streng.

6 En hulle was versprei oor ’n groot deel van die aangesig van die land, en die Lamaniete ook. En hulle was uitermate meer talryk as hulle van die Nefiete; en hulle het graag gemoor en het die bloed van diere gedrink.

7 En dit het gebeur dat hulle baie keer teen ons, die Nefiete, gekom het om te veg. Maar ons konings en ons leiers was magtige manne in die geloof van die Here; en hulle het die volk die weë van die Here geleer; daarom, ons het die Lamaniete weerstaan en hulle weggevee uit ons lande, en begin om ons stede te versterk, of watter plek ook al van ons erfenis.

8 En ons het uitermate vermenigvuldig, en het versprei oor die aangesig van die land, en het uitermate ryk geword in goud, en in silwer, en in kosbare dinge, en in fyn vakmanskap van hout, in geboue, en in werktuie, en ook in yster en koper, en brons en staal, en het allerhande gereedskap gemaak van elke soort om die grond te bewerk, en wapens van oorlog—ja, die skerpgepunte pyl, en die koker, en die pyl, en die spies, en alle voorbereidsels vir oorlog.

9 En omdat ons aldus so voorbereid was om die Lamaniete te ontmoet, het hulle nie sukses behaal teen ons nie. Maar die woord van die Here is bewaarheid, wat Hy met ons vaders gespreek het, en gesê het dat: In soverre julle my gebooie sal onderhou, sal julle voorspoedig wees in die land.

10 En dit het gebeur dat die profete van die Here die volk van Nefi gewaarsku het volgens die woord van God, dat as hulle die gebooie nie onderhou nie, maar sou verval in oortreding, hulle vernietig sou word vanaf die aangesig van die land.

11 Daarom, die profete, en die priesters, en die leraars, het ywerig gearbei en met alle lankmoedigheid die volk aangemoedig tot ywer; en die wet van Moses onderrig en die doel waarvoor dit gegee is; en hulle oorreed om uit te sien na die Messias, en om in Hom te glo wat moet kom asof Hy alreeds was. En volgens hierdie wyse het hulle hul geleer.

12 En dit het gebeur dat deur dit so te doen, het hulle voorkom dat hulle vernietig word van die aangesig van die land; want hulle het hul harte geprik met die woord, en hulle voortdurend aangespoor tot bekering.

13 En dit het gebeur dat tweehonderd agt en dertig jaar verbygegaan het—en daar was oorloë en twiste en onenighede vir ’n groot deel van die tyd.

14 En ek, Jarom, skryf nie meer nie, want die plate is klein. Maar kyk, my broers, julle kan na die ander plate van Nefi gaan; want kyk, op hulle is die kronieke van ons oorloë gegraveer, volgens die geskrifte van die konings, of dié wat hulle laat skryf het.

15 En ek oorhandig hierdie plate in die hande van my seun Omni, sodat hulle bygehou mag word volgens die bevele van my vaders.