Skrifture
Leer en Verbonde 80


Afdeling 80

Openbaring deur Joseph Smith die Profeet, aan Stephen Burnett gegee, te Hiram, Ohio, 7 Maart 1832.

1–5, Stephen Burnett en Eden Smith word geroep om te preek in welke plek hulle ook al verkies.

1 Voorwaar, so sê die Here aan jou my dienskneg Stephen Burnett: Gaan jy, gaan jy die wêreld in en preek die evangelie aan elke skepsel wat binne die klank van jou stem kom.

2 En in soverre jy ’n metgesel begeer, sal Ek aan jou my dienskneg Eden Smith gee.

3 Daarom, gaan julle en preek my evangelie, hetsy na die noorde of na die suide, na die ooste of die weste, dit maak nie saak nie, want julle kan nie ’n fout begaan nie.

4 Daarom, verkondig die dinge wat julle gehoor het, en waarlik glo, en weet dat dit waar is.

5 Kyk, dit is die wil van Hom wat julle geroep het, julle Verlosser, naamlik Jesus Christus. Amen.

Druk