Die Tweede Boek van Nefi
’n Kroniek van die dood van Lehi. Nefi se broers rebelleer teen hom. Die Here waarsku Nefi om die wildernis binne te trek. Sy reise in die wildernis, ensovoorts.
Hoofstuk 1
Lehi profeteer van ’n land van vryheid—Sy saad sal verstrooi en geslaan word as hulle die Heilige Een van Israel verwerp—Hy vermaan sy seuns om die wapenrusting van geregtigheid aan te trek. Ongeveer 588–570 v.C.
1 En nou het dit gebeur dat nadat ek, Nefi, ’n einde gemaak het om my broers te onderrig, het ons vader, Lehi, ook baie dinge met hulle gespreek—en aan hulle herhaal, watter groot dinge die Here vir hulle gedoen het deur hulle uit die land Jerusalem te bring.
2 En hy het met hulle gespreek aangaande hulle rebellies op die waters, en die barmhartighede van God deur hulle lewens te spaar, sodat hulle nie opgesluk is in die see nie.
3 En hy het ook met hulle gespreek aangaande die land van belofte, wat hulle verkry het—hoe barmhartig die Here was om ons te waarsku dat ons moes vlug uit die land Jerusalem.
4 Want, kyk, het hy gesê, ek het ’n visioen gesien, waardeur ek weet dat Jerusalem vernietig is; en as ons in Jerusalem gebly het, sou ons ook omgekom het.
5 Maar, het hy gesê, nieteenstaande ons verdrukkinge, het ons ’n land van belofte verkry, ’n land wat uitverkore is bo alle ander lande; ’n land wat die Here God in ’n verbond met my gesluit het, wat ’n land van erfenis vir my saad sal wees. Ja, die Here het hierdie land deur ’n verbond aan my gegee, en aan my kinders vir ewig, en ook al diegene wat uitgelei sou word uit ander lande deur die hand van die Here.
6 Daarom, ek, Lehi, profeteer volgens die invloed van die Gees wat in my is, dat niemand sal kom na hierdie land tensy hulle gebring sal word deur die hand van die Here nie.
7 Daarom, hierdie land word toegewy aan hom wat Hy sal bring. En as dit so is dat hulle Hom sal dien volgens die gebooie wat Hy gegee het, sal dit ’n land van vryheid vir hulle wees; daarom, hulle sal nooit afgebring word in slawerny nie; indien wel, sal dit wees as gevolg van ongeregtigheid; want as ongeregtigheid heers, vervloek sal die land wees om hulle onthalwe, maar vir die regverdiges sal dit geseënd wees vir ewig.
8 En kyk, dit is wysheid dat hierdie land tans weerhou word van die kennis van ander nasies; want kyk, baie nasies sou die land oorstroom, dat daar geen plek sou wees vir ’n erfenis nie.
9 En nou het ek, Lehi, ’n belofte verkry, dat in soverre diegene wat die Here God sal uitbring uit die land Jerusalem, sy gebooie sal onderhou, hulle voorspoedig sal wees op die aangesig van hierdie land; en hulle sal weggehou word van alle ander nasies, sodat hulle hierdie land mag besit vir hulself. En as dit so is dat hulle sy gebooie sal onderhou, sal hulle geseënd wees op die aangesig van hierdie land, en daar sal niemand wees wat hulle molesteer nie, of om die land van hulle erfenis weg te neem nie; en hulle sal veilig woon vir ewig.
10 Maar kyk, wanneer die tyd kom dat hulle sal kwyn in ongeloof, nadat hulle sulke groot seëninge ontvang het uit die hand van die Here—deurdat hulle kennis het van die skepping van die aarde, en alle mense, en die groot en wonderbaarlike werke van die Here ken vanaf die skepping van die wêreld; deurdat hulle mag gegee is om alle dinge te doen deur geloof; deurdat hulle al die gebooie van die begin af het, en deurdat hulle ingebring is deur sy eindelose goedheid in hierdie kosbare land van belofte—kyk, ek sê, as die dag sal kom dat hulle die Heilige Een van Israel sal verwerp, die ware Messias, hulle Verlosser en hulle God, kyk, die oordele van Hom wat regverdig is, sal op hulle rus.
11 Ja, Hy sal ander nasies na hulle bring, en Hy sal aan hulle mag gee, en Hy sal van hulle wegneem die lande van hulle besittings, en Hy sal veroorsaak dat hulle verstrooi en getref word.
12 Ja, soos een geslag oorgaan na ’n ander, sal daar bloedvergieting, en groot besoekinge onder hulle wees; daarom, my seuns, ek wil hê dat julle sal onthou, ja; ek wil hê dat julle sal ag slaan op my woorde.
13 O, dat julle sou ontwaak; ontwaak uit ’n diepe slaap, ja, en wel van die slaap van die hel, en die aaklige kettings afskud waarmee julle vasgemaak is, wat die kettings is wat die kinders van mense vasbind, sodat hulle gevange weggevoer word af na die ewige kloof van ellende en wee.
14 Ontwaak! en staan op uit die stof, en hoor die woorde van ’n bewende ouer, wie se ledemate julle spoedig moet neerlê in die koue en stille graf, waarvandaan geen reisiger kan terugkeer nie; nog ’n paar dae en ek gaan die weg van die hele aarde.
15 Maar kyk, die Here het my siel verlos van die hel; ek het sy heerlikheid aanskou, en ek word ewiglik omvou deur die arms van sy liefde.
16 En ek begeer dat julle moet onthou om die insettinge en verordeninge van die Here te onderhou; kyk, dit was die bekommernis van my siel van die begin af.
17 My hart was terneergedruk vanweë droefheid van tyd tot tyd, want ek het gevrees, dat weens die hardheid van julle harte die Here julle God op julle sal afkom met die volheid van sy toorn dat julle vir ewig afgesny en vernietig sal word;
18 Of, dat ’n vervloeking oor julle sal kom vir ’n tydperk van baie geslagte; en dat julle besoek word deur swaard, en deur hongersnood, en gehaat word, en gelei word volgens die wil en die slawerny van die duiwel.
19 O my seuns, dat hierdie dinge nie oor julle mag kom nie, maar dat julle ’n uitverkore en begunstigde volk mag wees van die Here. Maar kyk, sy wil geskied; want sy weë is regverdigheid vir ewig.
20 En Hy het gesê dat: In soverre julle my gebooie sal onderhou, sal julle voorspoedig wees in die land; maar in soverre julle my gebooie nie wil onderhou nie, sal julle afgesny word van my teenwoordigheid.
21 En noudat my siel blydskap mag hê in julle, en dat my hart hierdie wêreld mag verlaat met vreugde weens julle, dat ek nie met droefheid en smart na die graf afgebring mag word nie, staan op uit die stof, my seuns, en wees manne, en wees vasberade, een van gees en een van hart, verenig in alle dinge, dat julle nie in slawerny afgebring word nie.
22 Dat julle nie vervloek mag word met ’n vreeslike vervloeking nie; en ook, dat julle nie die misnoeë van ’n regverdige God op julle bring nie, tot die vernietiging, ja, die ewige vernietiging van beide siel en liggaam.
23 Ontwaak, my seuns; trek die wapenrusting van geregtigheid aan. Skud af die kettings waarmee julle gebind is, en kom voort uit die duisternis, en staan op uit die stof.
24 Rebelleer nie langer teen julle broer nie, wie se visioene heerlik was, en wat die gebooie onderhou het van die tyd dat ons Jerusalem verlaat het; en wat ’n werktuig was in die hande van God deur ons voort te bring in die land van belofte; want as dit nie vir hom was nie, moes ons vergaan het van honger in die wildernis; desnieteenstaande, julle het gesoek om sy lewe te neem; ja, en hy het baie smart gely weens julle.
25 En ek vrees en bewe uitermate weens julle, uit vrees dat hy weer sal ly; want kyk, julle het hom beskuldig dat hy mag en gesag gesoek het oor julle; maar ek weet dat hy nie gesoek het na mag nóg gesag oor julle, maar hy het die heerlikheid van God gesoek, en julle eie ewige welsyn.
26 En julle het gemurmureer omdat hy duidelik was met julle. Julle sê dat hy skerpheid gebruik het; julle sê dat hy toornig was op julle; maar kyk, sy skerpheid was die skerpheid van die krag van die woord van God, wat in hom was; en dit wat julle toorn noem, was die waarheid, volgens dit wat in God is, wat hy nie kon bedwing nie, terwyl hy vreesloos aangaande julle ongeregtighede bekendmaak.
27 En dit moet noodwendig wees dat die krag van God met hom moet wees, en wel dat hy julle gebied dat julle gehoorsaam moet wees. Maar kyk, dit was nie hy nie, maar dit was die Gees van die Here wat in hom was, wat sy mond geopen het om te spreek, sodat hy dit nie kon sluit nie.
28 En nou, my seun Laman, en ook Lemuel en Sam, en ook my seuns wat die seuns van Ismael is; kyk, as julle sal ag slaan op die stem van Nefi, sal julle nie vergaan nie. En as julle sal ag slaan op hom, laat ek julle ’n seëning, ja, en wel my eerste seëning.
29 Maar as julle nie op hom sal ag slaan nie, neem ek my eerste seëning weg, ja, en wel my seëning, en dit sal op hom rus.
30 En nou, Zoram, ek spreek met jou: Kyk, jy is die dienskneg van Laban; desnieteenstaande, jy is uitgebring uit die land Jerusalem, en ek weet dat jy ’n ware vriend van my seun Nefi is, vir ewig.
31 Daarom, omdat jy getrou was, sal jou saad geseënd wees saam met sy saad, sodat hulle lank in voorspoed sal woon op die aangesig van hierdie land; en niks, behalwe ongeregtigheid onder hulle, sal hulle voorspoed skaad of benadeel op die aangesig van hierdie land vir altyd nie.
32 Daarom, as julle die gebooie van die Here onderhou, het die Here hierdie land toegewy vir die veiligheid van jou saad met die saad van my seun.