Skrifture
Alma 32


Hoofstuk 32

Alma leer die armes wat deur verdrukkinge verootmoedig is—Geloof is ’n vertroue in dít wat nie gesien word nie, wat waar is—Alma getuig dat engele mans, vroue, en kinders dien—Alma vergelyk die woord met ’n saad—Dit moet geplant en versorg word—Dan groei dit op tot ’n boom waarvan die vrug van die ewige lewe gepluk word. Ongeveer 74 v.C.

1 En dit het gebeur dat hulle uitgegaan het, en begin het om die woord van God te preek aan die volk, en hulle het in hulle sinagoges ingegaan, en in hulle huise; ja, en hulle het selfs die woord gepreek in hulle strate.

2 En dit het gebeur dat na baie bearbeiding onder hulle, het hulle begin om welslae te behaal onder die arm klas van mense; want kyk, hulle is uitgewerp uit die sinagoges vanweë die ruheid van hulle kleredrag—

3 Daarom is hulle nie toegelaat om hulle sinagoges binne te gaan om God te aanbid nie, omdat hulle as vieslik beskou is; daarom was hulle arm; ja, hulle is beskou as droes deur hulle broers; daarom was hulle arm wat die dinge van die wêreld betref; en hulle was ook nederig van hart.

4 Nou, terwyl Alma die volk geleer en met hulle gespreek het op die heuwel Onida, het daar ’n groot skare na hom gekom, wat diesulkes was waarvan ons gespreek het, wat nederig van hart was, vanweë hulle armoede betreffende die dinge van die wêreld.

5 En hulle het na Alma gekom; en die een wat die vernaamste onder hulle was het aan hom gesê: Kyk, wat moet hierdie, my broers doen, want hulle word verag deur alle mense vanweë hulle armoede, ja, en meer in besonder deur ons priesters; want hulle het ons uit ons sinagoges uitgewerp waaraan ons so hard gewerk het om te bou met ons eie hande; en hulle het ons uitgewerp vanweë ons uitermate armoede; en ons het geen plek om ons God te aanbid nie; en kyk, wat sal ons doen?

6 En nou, toe Alma dit hoor, het hy omgedraai, met sy aangesig direk na hom gewend, en hy het met groot blydskap aanskou; want hy het gesien dat hulle verdrukkinge hulle waarlik verootmoedig het, en dat hulle voorbereid was om die woord aan te hoor.

7 Daarom het hy niks meer aan die ander skare gesê nie, maar hy het sy hand uitgestrek en diegene toegeroep wat hy gesien het, wat waarlik bekeer was, en aan hulle gesê:

8 Ek sien dat julle nederig van hart is; en as dit so is, geseënd is julle.

9 Kyk, julle broer het gesê, Wat sal ons doen?—want ons is uitgewerp uit ons sinagoges, sodat ons nie ons God kan aanbid nie.

10 Kyk, ek sê vir julle, veronderstel julle dat julle God nie kan aanbid nie, behalwe in julle sinagoges?

11 En bowendien wil ek vra, veronderstel julle dat julle vir God nie mag aanbid nie, behalwe eenkeer ’n week?

12 Ek sê vir julle, dit is goed dat julle uitgewerp is uit jul sinagoges, sodat julle nederig mag wees, en sodat julle wysheid mag leer; want dit is nodig dat julle wysheid moet leer; want dit is omdat julle uitgewerp is, dat julle verag word deur julle broers vanweë julle uitermate armoede, dat julle gebring word na ’n nederigheid van hart; want julle word noodwendig gebring om nederig te wees.

13 En nou, omdat julle gedwing is om nederig te wees, geseënd is julle; want ’n mens soms, as hy gedwing word om nederig te wees, soek bekering; en nou waarlik, wie ook al bekeer, sal barmhartigheid vind; en hy wat barmhartigheid vind en volhard tot die einde toe, sal gered word.

14 En nou, soos ek aan julle gesê het, dat omdat julle gedwing is om nederig te wees, is julle geseënd, veronderstel julle nie dat hulle meer geseënd is wat hulleself waarlik verootmoedig vanweë die woord nie?

15 Ja, hy wat homself waarlik verootmoedig, en bekeer van sy sondes, en volhard tot die einde toe, sal geseën word—ja, baie meer geseënd as hulle wat gedwing word om nederig te wees vanweë hulle uitermatige armoede.

16 Daarom, geseënd is hulle wat hulleself verootmoedig sonder om gedwing te word om nederig te wees; of eerder, met ander woorde, geseënd is hy wat glo in die woord van God, en gedoop word sonder hardnekkigheid van hart, ja, sonder om gebring te word om die woord te ken, of selfs gedwing te word om dit te ken, voordat hulle sal glo.

17 Ja, daar is baie wat sê: As u aan ons ’n teken toon uit die hemel, dan sal ons vir seker weet; dan sal ons glo.

18 Nou vra ek, is dit geloof? Kyk, ek sê vir julle, Nee; want as ’n mens iets weet, het hy nie rede om te glo nie, want hy weet dit.

19 En nou, hoeveel te meer is hy vervloek wat die wil van God ken en dit nie doen nie, as hy wat net glo, of net rede het om te glo, en in oortreding verval?

20 Nou oor hierdie ding moet julle oordeel. Kyk, ek sê vir julle, dat dit aan die een kant is net soos aan die ander; en dit sal wees aan elke mens volgens sy werke.

21 En nou soos ek gesê het aangaande geloof—geloof is nie om ’n volmaakte kennis van dinge te hê nie; daarom, as julle geloof het, hoop julle op dinge wat nie gesien word nie, wat waar is.

22 En nou, kyk, ek sê vir julle, en ek wil hê dat julle moet onthou, dat God barmhartig is teenoor almal wat in sy Naam glo; daarom, Hy begeer in die eerste plek dat julle moet glo, ja, en naamlik in sy woord.

23 En nou, Hy deel sy woord mee deur engele aan die mens, ja, nie alleen mans nie, maar ook vroue. Nou, dit is nie al nie; aan klein kindertjies word die woord baie kere gegee, wat die wyses en die geleerdes beskaam.

24 En nou, my geliefde broers, omdat julle begeer het om vir my te vra wat julle moet doen, omdat julle gekwel en uitgewerp word—nou begeer ek nie dat julle moet veronderstel dat ek bedoel om julle te oordeel alleen volgens dit wat waar is nie—

25 Want ek bedoel nie dat almal van julle gedwing is om julleself te verootmoedig nie; want ek glo waarlik dat daar sommiges onder julle is wat hulleself sal verootmoedig, laat hulle wees in welke omstandighede hulle ook al mag wees.

26 Nou, soos ek gesê het aangaande geloof—dat dit nie ’n volmaakte kennis was nie—net so is dit met my woorde. Julle kan nie aanvanklik van hulle sekerheid weet nie, tot volmaaktheid, net so min as wat geloof ’n volmaakte kennis is.

27 Maar kyk, as julle sal wakker word en julle vermoëns opwek, en wel tot ’n proefneming met my woorde, en ’n greintjie geloof beoefen, ja, as julle selfs niks meer kan as net begeer om te glo nie, laat hierdie begeerte in julle werk, totdat julle glo op só ’n wyse dat julle plek kan gee vir ’n gedeelte van my woorde.

28 Nou, ons sal die woord vergelyk met ’n saad. Nou, as julle plek gee dat ’n saad geplant mag word in julle harte, kyk, as dit ’n ware saad is, of ’n goeie saad, as julle dit nie uitwerp deur julle ongeloof nie, sodat julle die Gees van die Here sal weerstaan, kyk, dit sal begin swel in julle boesems; en wanneer julle hierdie bewegings van swelling voel, sal julle begin om vir julleself te sê—Dit moet noodwendig ’n goeie saad wees, of dat die woord goed is, want dit begin om my siel te vergroot; ja, dit begin my verstand te verlig, ja, dit begin om heerlik te wees vir my.

29 Nou kyk, sal dit nie julle geloof vermeerder nie? Ek sê vir julle, Ja; nogtans het dit nie opgegroei tot ’n volmaakte kennis nie.

30 Maar kyk, soos die saad swel, en uitloop, en begin te groei, dan moet julle noodwendig sê dat die saad goed is; want kyk dit swel, en loop uit, en begin te groei. En nou, kyk, sal dit nie julle geloof versterk nie? Ja, dit sal julle geloof versterk: want julle sal sê ek weet dat dit ’n goeie saad is; want kyk, dit loop uit en begin om te groei.

31 En nou kyk, is julle seker dat dit ’n goeie saad is? Ek sê vir julle, Ja; want elke saad bring volgens sy eie gelykenis voort.

32 Daarom, as ’n saad groei is dit goed, maar as dit nie groei nie, kyk, dan is dit nie goed nie, daarom word dit weggewerp.

33 En nou, kyk, omdat julle die proefneming probeer het, en die saad geplant het, en dit swel en loop uit, en begin om te groei, moet julle noodwendig weet dat die saad goed is.

34 En nou kyk, is julle kennis volmaak? Ja, julle kennis is volmaak in daardie ding, en julle geloof is rustend; en dit is omdat julle weet, want julle weet dat die woord julle siele laat uitswel het, en julle weet ook dat dit uitgeloop het, dat julle verstand begin om verlig te wees, en julle verstand begin om te groei.

35 O dan, is dit nie werklik nie? Ek sê vir julle, Ja, want dit is lig; en wat ook al lig is, is goed, want dit is waarneembaar, daarom moet julle weet dat dit goed is; en nou kyk, nadat julle hierdie lig gesmaak het, is julle kennis volmaak?

36 Kyk ek sê vir julle, Nee; nóg moet julle jul geloof opsy lê, want julle het net julle geloof beoefen om die saad te plant sodat julle die proefneming mag probeer om te weet of die saad goed was.

37 En kyk, soos die boom begin om te groei, sal julle sê: Laat ons dit versorg met groot sorgvuldigheid sodat dit mag wortelskiet, dat dit kan opgroei, en vrugte voortbring vir ons. En nou kyk, as julle dit versorg met groot sorgvuldigheid, sal dit wortelskiet, en opgroei en vrugte voortbring.

38 Maar as julle die boom verwaarloos, en geen aandag gee aan sy versorging nie, kyk, dan sal dit nie wortelskiet nie; en wanneer die hitte van die son kom en dit verskroei, omdat dit geen wortel het nie, verdroog dit, en julle trek dit uit en gooi dit weg.

39 Nou, dit is nie omdat die saad nie goed was nie, nóg is dit omdat die vrugte daarvan nie begeerlik sou wees nie; maar dit is omdat julle grond onvrugbaar is, en julle wil nie die boom versorg nie, daarom kan julle nie die vrugte daarvan hê nie.

40 En dus, as julle nie die woord wil versorg nie, en uitsien met ’n oog van geloof na die vrugte daarvan, kan julle nooit van die vrugte pluk van die boom van die lewe nie.

41 Maar as julle die woord sal versorg, ja versorg die boom wanneer dit begin groei, deur julle geloof met groot ywer, en met geduld, en uitsien na die vrugte daarvan, sal dit wortelskiet; en kyk dit sal ’n boom wees wat opskiet tot die ewigdurende lewe.

42 En as gevolg van julle ywer, en julle geloof en julle geduld met die woord in die versorging daarvan, sodat dit kan wortelskiet in julle, kyk, weldra sal julle die vrugte daarvan pluk, wat uiters kosbaar is, wat soet is bo alles wat soet is, en wat wit is bo alles wat wit is, ja, en suiwer bo alles wat suiwer is; en julle sal feesvier op hierdie vrug totdat julle versadig is, sodat julle nie meer honger nie, nóg sal julle dors.

43 Dan, my broers, sal julle die beloning van julle geloof maai, en julle ywer, en geduld, en lankmoedigheid, terwyl julle wag vir die boom om vir julle vrugte voort te bring.