Skrifture
Leer en Verbonde 19


Afdeling 19

Openbaring gegee deur Joseph Smith, te Manchester, New York, waarskynlik in die somer van 1829. In sy geskiedenis het die Profeet dit ingelei as “’n gebod van God en nie van die mens nie, aan Martin Harris, gegee deur Hom wat Ewig is.”

1–3, Christus het alle krag; 4–5, Alle mense moet bekeer of ly; 6–12, Ewige straf is God se straf; 13–20, Christus het vir almal gely, sodat hulle nie mag ly nie as hulle sal bekeer; 21–28, Preek die evangelie van bekering; 29–41, Verkondig blye tydings.

1 Ek is Alfa en Omega, Christus die Here; ja, Ek is waarlik Hy, die begin en die einde, die Verlosser van die wêreld.

2 Ek, nadat Ek die wil volvoer en volbring het van Hom wie s’n Ek is, naamlik die Vader, aangaande My—en dit gedoen het sodat Ek alle dinge mag onderwerp aan My—

3 Ek het alle krag behou, tot die vernietiging van Satan en sy werke aan die einde van die wêreld, en die laaste groot dag van oordeel, wat Ek sal laat geskied op die inwoners daarvan, wanneer Ek elke mens oordeel volgens sy werke en die dade wat hy gedoen het.

4 En sekerlik moet elke mens bekeer of ly, want Ek, God, is eindeloos.

5 Daarom, Ek herroep nie die oordele wat Ek sal vel nie, maar wee sal uitgaan, gehuil, geween en gekners van tande, ja aan diegene wat gevind word aan my linkerhand.

6 Nietemin, dit is nie geskryf dat daar geen einde sal wees aan hierdie pyniging nie, maar dit is geskryf eindelose pyniging.

7 Voorts, dit is geskrywe ewige verdoemenis; daarom is dit meer duidelik as ander skrifture, sodat dit mag inwerk op die harte van die kinders van mense, geheel en al vir die heerlikheid van my Naam.

8 Daarom, Ek sal aan julle hierdie verborgenheid verduidelik, want dit is gepas vir julle om te weet net soos my apostels.

9 Ek praat met julle wat gekies is in hierdie ding, asof een, sodat julle my rus mag binnegaan.

10 Want, kyk, die verborgenheid van goddelikheid, hoe groot is dit! Want, kyk, Ek is eindeloos, en die straf wat gegee word vanuit my hand is eindelose straf, want Eindeloos is my Naam. Daarom—

11 Ewige straf is God se straf.

12 Eindelose straf is God se straf.

13 Daarom, Ek gebied jou om te bekeer, en onderhou die gebooie wat jy ontvang het deur die hand van my dienskneg Joseph Smith, Jr., in my Naam;

14 En dit is deur my almagtige krag dat jy hulle ontvang het.

15 Daarom Ek gebied jou om te bekeer—bekeer, sodat Ek jou nie slaan met die roede van my mond nie, en deur my toorn en deur my woede, en jou lyding sal groot wees—hoe groot weet jy nie, hoe hewig weet jy nie, ja, hoe moeilik om te verdra weet jy nie.

16 Want kyk, Ek, God, het hierdie dinge gely vir almal, sodat hulle nie hoef te ly nie as hulle sal bekeer;

17 Maar as hulle nie sal bekeer nie moet hulle ly net soos Ek;

18 Welke lyding My, naamlik God, die grootste van almal, laat bewe het vanweë pyn, en om te bloei van elke porie, en om te ly beide liggaam en gees—en wou dat Ek nie moes drink van die bitter beker nie, en terugdeins—

19 Nietemin, heerlikheid aan die Vader, en Ek het gedrink en my voorbereidings voltooi vir die kinders van mense.

20 Daarom, Ek gebied jou weer om te bekeer, of Ek sal jou verootmoedig met my almagtige krag; en dat jy jou sondes bely, of jy sal hierdie strawwe ly waarvan Ek gespreek het, sommige waarvan in die kleinste, ja selfs in die geringste mate jy gesmaak het op die tydstip toe Ek my gees onttrek het.

21 En Ek gebied jou dat jy niks preek behalwe bekering nie, en wys nie hierdie dinge aan die wêreld totdat dit wysheid is in My nie.

22 Want hulle kan nie nou vleis verduur nie, maar melk moet hulle ontvang; daarom, hulle moet nie hierdie dinge weet nie, sodat hulle nie vergaan nie.

23 Leer van My, en luister na my woorde; wandel in die sagmoedigheid van my Gees, en jy sal vrede hê in My.

24 Ek is Jesus Christus; Ek het gekom deur die wil van die Vader, en Ek doen sy wil.

25 En weer, Ek gebied jou dat jy nie jou naaste se vrou sal begeer nie; nóg jou naaste se lewe soek.

26 En weer, Ek gebied jou dat jy nie jou eie eiendom sal begeer nie, maar gee dit vryelik vir die druk van die Boek van Mormon, wat die waarheid bevat en die woord van God—

27 Wat my woord is aan die nie-Jood, sodat dit spoedig mag gaan na die Jood, van wie die Lamaniete ’n oorblyfsel is, sodat hulle die evangelie mag glo, en nie uitsien na ’n Messias om te kom wat alreeds gekom het nie.

28 En weer, Ek gebied jou dat jy hardop moet bid asook in jou hart; ja, voor die wêreld asook in die geheim, in die openbaar asook in die geheim.

29 En jy sal blye tydings verkondig, ja maak dit bekend op die berge, en op elke hoë plek, en onder elke volk wat jy toegelaat sal word om te sien.

30 En jy sal dit doen in alle nederigheid, vertrouend op My, en moenie uitvaar teen hulle wat uitvaar nie.

31 En van leringe sal jy nie praat nie, maar jy sal bekering en geloof verkondig in die Saligmaker, en vergifnis van sondes deur doop, en deur vuur, ja, naamlik die Heilige Gees.

32 Kyk, hierdie is ’n groot en die laaste gebod wat Ek aan jou sal gee aangaande hierdie saak; want dit sal voldoen vir jou daaglikse wandel, en wel tot die einde van jou lewe.

33 En ellende sal jy ontvang as jy hierdie raad sal minag, ja, en wel die vernietiging van jouself en jou eiendom.

34 Gee ’n deel van jou eiendom, ja, naamlik ’n deel van jou land, en gee alles, behalwe vir die onderhoud van jou familie.

35 Betaal die skuld wat jy aangegaan het met die drukker. Verlos jouself van gebondenheid.

36 Verlaat jou huis en tuiste, behalwe wanneer jy begeer om jou familie te sien;

37 En spreek vryelik met almal; ja, preek, vermaan, verkondig die waarheid, en wel met ’n luide stem, met ’n klank van vreugde, roepende—Hosanna, hosanna, prys die Naam van die Here God!

38 Bid altyd, en Ek sal my Gees uitstort op jou, en groot sal jou seëning wees—ja, selfs meer as wanneer jy skatte van die aarde sou verkry en verganklikheid tot die omvang daarvan.

39 Kyk, kan jy dit lees sonder verblyding en opheffing van jou hart vanweë blydskap?

40 Of kan jy langer rondgaan soos ’n blinde gids?

41 Of kan jy nederig en sagmoedig wees, en jouself wyslik gedra voor My? Ja, kom na My jou Saligmaker. Amen.

Druk