Verhale uit die Skrifture
Hoofstuk 1: Hoe Ons die Boek van Mormon gekry het


Hoofstuk 1

Hoe ons die Boek van Mormon gekry het

Joseph kyk na ʼn kerk

Toe Joseph Smith 14 jaar oud was, het baie kerke aanspraak gemaak dat hulle waar was, en hy het nie geweet by watter een hy moes aansluit nie.

Joseph lees die Bybel

Een dag het Joseph Jakobus 1:5 in die Bybel gelees: “En as iemand van julle wysheid kort kom, laat hom dit van God bid.” Joseph wou weet watter kerk reg was, dus het hy besluit om God te vra.

Joseph in die woud

Op ʼn lente oggend het Joseph na die woud naby sy huis gegaan om te bid.

Joseph bid

Toe hy neerkniel om te bid, het Satan probeer om hom te stop. Joseph het harder gebid, en Hemelse Vader om hulp gevra.

Hemelse Vader en Jesus

Hemelse Vader en Jesus Christus het aan Joseph in ʼn pilaar van lig verskyn. Hemelse Vader het na Jesus gewys en gesê: “Dit is my Geliefde Seun. Luister na Hom!”

Jesus

Joseph het gevra by watter kerk hy moes aansluit. Jesus het vir hom gesê om nie by een van hulle aan te sluit nie omdat hulle almal verkeerd was.

mense lag vir Joseph

Toe Joseph vir party mense vertel het wat hy gesien en gehoor het, het hulle vir hom gelag. Die leiers van baie plaaslike kerke het hom vervolg.

Joseph bid

Drie jaar het verbygegaan. Een nag was Joseph besig om te bid om vergifnis van sy sondes en om te weet wat hy moes doen.

Moroni verskyn aan Joseph

ʼn Engel genaamd Moroni het verskyn en vir Joseph vertel van ʼn boek wat op goue plate geskryf was. Joseph moes hierdie plate in Engels vertaal.

Joseph in die bed

Nadat Moroni hom verlaat het, het Joseph gedink oor wat Moroni vir hom gesê het. Moroni het daardie nag nog twee keer teruggekeer.

Joseph lig ʼn klip op

Die volgende dag het Joseph na die toppunt van die Heuwel Cumora gegaan, wat hy in ʼn visioen gesien het. Daar het hy ʼn groot klip gevind. Hy het die klip met ʼn stok opgelig.

Joseph kyk na goue plate

Onder die klip was ʼn klipkis. Toe Joseph in die kis gekyk het, het hy die goue plate gesien.

Moroni verskyn aan Joseph

Moroni het aan Joseph verskyn en vir Joseph gesê om nie die plate te neem nie, maar om elke jaar vir vier jaar op dieselfde dag terug te kom. Elke keer wat Joseph gegaan het, het Moroni hom onderrig.

Moroni verskyn aan Joseph

Na vier jaar is Joseph uiteindelik toegelaat om die goue plate te neem. Hy het die Urim en Tummim gebruik om party van hulle te vertaal.

Joseph met skrywer

Skrywers het Joseph gehelp om die woorde neer te skryf soos hy hulle vanaf die goue plate vertaal het.

Joseph met drukker

Joseph het die vertaalde woorde na ʼn drukker geneem en het hulle in ʼn boek laat maak.

Geskiedenis van die Kerk, 1:71

Boek van Mormon

Die boek is die Boek van Mormon genoem. Dit vertel van die mense wat baie jare gelede in Amerika gewoon het. Dit vertel ook van Jesus Christus, die Seun van God.