Hoofstuk 41 Die Tekens van Christus se Geboorte Nefi, die seun van Helaman, het die heilige rekords en skrifture aan sy oudste seun, Nefi gegee. 3 Nefi 1:2 Die Nefiete het groot tekens en wonderwerke gesien, soos die profete gesê het sal plaasvind voor Jesus Christus se geboorte. 3 Nefi 1:4 Maar sommige Nefiete het gesê dat die tyd vir Jesus se geboorte reeds verby is. Hulle het diegene wat steeds Samuel die Lamaniet se profesieë geglo het, bespot. 3 Nefi 1:5–6 Die mense wat in Jesus Christus en die profete geglo het, was bedroef om te dink dat iets dalk die profesieë mag verhoed om vervul te word. 3 Nefi 1:7 Die mense het getrou uitgesien na ʼn nag sonder donkerte, wat die teken was dat Jesus Christus gebore sou word. 3 Nefi 1:8 Diegene wat nie in Jesus Christus geglo het nie, het ʼn dag gekies waarop die gelowiges doodgemaak sou word, indien die teken nie plaasgevind het nie. 3 Nefi 1:9 Nefi was bedroef as gevolg van die goddeloosheid van diegene wat nie in die Verlosser geglo het nie. 3 Nefi 1:10 Nefi het heeldag lank gebid vir die mense wat doodgemaak sou word. 3 Nefi 1:11–12 Die Here het Nefi vertroos en vir hom gesê dat dit nie daardie nag donker sou word nie. Jesus sou die volgende dag in Betlehem gebore word. 3 Nefi 1:13 Daardie aand het die son gesak, maar dit het nie donker geword nie. Die teken van Jesus Christus se geboorte het aangebreek. Die mense was baie verbaas. 3 Nefi 1:15 Diegene wat beplan het om die gelowiges dood te maak, het op die grond neergeval en het gelyk asof hulle dood was. 3 Nefi 1:16 Hulle was bang vanweë hulle goddeloosheid. Nou het hulle geweet dat die Verlosser gebore sou word en dat die profete reg was. 3 Nefi 1:17–18 Dit het heelnag lig gebly. Toe die son die volgende oggend opkom, het die mense geweet dat Jesus Christus daardie dag gebore sou word. Die profesieë is vervul. 3 Nefi 1:19–20 ʼn Nuwe ster het in die hemelruim verskyn, net soos die profete gesê het dit sou. 3 Nefi 1:21 Satan het steeds probeer om mense te kry om nie die tekens te glo wat hulle gesien het nie, maar die meeste mense het wel geglo. 3 Nefi 1:22 Nefi en ander Kerkleiers het al diegene gedoop wat geglo het en bekeer het. 3 Nefi 1:23 Daar was blye tydings in die land as gevolg van die woorde van die profete wat vervul is. Jesus Christus is gebore. 3 Nefi 1:26