Verhale uit die Skrifture
Hoofstuk 12: Koning Benjamin


Hoofstuk 12

Koning Benjamin

Koning Benjamin onderrig

Koning Benjamin was ʼn regverdige Nefitiese koning. Met die hulp van ander regverdige manne het hy vrede in die land gebring.

Koning Benjamin en Mosia

Koning Benjamin het oud geword en wou met sy volk praat. Hy wou hulle vertel dat sy seun Mosia die volgende koning sou wees.

mense kom om die tempel bymekaar

Die mense het van oral oor die land gekom en naby die tempel bymekaargekom. Hulle het hulle tente so geplaas dat die deure na die tempel gewys het.

Koning Benjamin praat

Koning Benjamin het vanaf ʼn toring gepraat sodat die Nefiete hom kon hoor.

Nefiete

Hy het sy volk vertel dat hy hard probeer het om hulle te dien. Hy het gesê die manier om God te dien is om mekaar te dien.

Koning Benjamin

Koning Benjamin het vir die volk gesê om God se gebooie te gehoorsaam. Diegene wat die gebooie getrou onderhou sal gelukkig wees en eendag by God woon.

baba Jesus en Maria

Koning Benjamin het gesê dat Jesus Christus binnekort op die aarde gebore sou word. Sy moeder se naam sal Maria wees.

Jesus verrig wonderwerke

Jesus sou wonderwerke verrig. Hy sou die siekes gesond maak en die dode weer laat lewe. Hy sou die blindes laat sien en die dowes laat hoor.

Jesus bid

Jesus sou ly en vir die sondes van alle mense sterf. Diegene wat bekeer en geloof het in Jesus sal van hul sondes vergewe word.

Jesus word gekruisig

Koning Benjamin het vir die Nefiete gesê dat goddelose manne Jesus sou gésel. Dan sou hulle hom kruisig.

Jesus opgewek

Na drie dae sou Jesus opgewek word uit die dood.

Nefiete bekeer

Nadat Koning Benjamin gepraat het, het die Nefiete neergeval op die grond. Hulle was jammer oor hulle sondes en wou bekeer.

mense besig om te bid

Die mense het geloof in Jesus Christus gehad, en hulle het gebid om vergewe te word.

Nefiete glimlag

Die Heilige Gees het hulle harte gevul. Hulle het geweet dat God hulle vergewe het en dat Hy hulle liefhet. Hulle het vrede en vreugde gevoel.

Koning Benjamin spreek sy volk toe

Koning Benjamin het vir sy volk gesê om in God te glo. Hy wou hê hulle moes weet dat God alle dinge geskape het en dat Hy wys en almagtig is.

familie wat bid

Koning Benjamin het vir die mense gesê om nederig te wees en elke dag te bid. Hy wou hê sy volk moes God altyd onthou en getrou bly.

Koning Benjamin praat

Hy het vir die ouers gesê om nie hulle kinders te laat baklei of stry nie.

ouers leer hulle kinders

Hy het vir hulle gesê om hulle kinders te leer om gehoorsaam te wees en mekaar lief te hê en te dien.

Nefiete luister na Koning Benjamin

Hy het die mense gewaarsku om versigtig te wees wat hulle dink, sê en doen. Hulle moes getrou wees en die gebooie onderhou vir die res van hulle lewens.

Koning Benjamin spreek sy volk toe

Koning Benjamin het die volk gevra of hulle sy leringe geglo het. Hulle het almal gesê dat hulle dit glo. Die Heilige Gees het hulle verander, en hulle wou nie meer sondig nie.

Nefiete glimlag

Hulle het almal ʼn verbond gesluit, of belowe, om God se gebooie te onderhou. Koning Benjamin was bly.

Koning Benjamin seën Mosia

Koning Benjamin het sy seun Mosia die reg gegee om die nuwe koning te wees. Koning Benjamin is drie jaar later oorlede.

Mosia aan die werk

Mosia was ʼn regverdige koning. Hy het hard gewerk en sy volk gedien, net soos sy vader.