Verhale uit die Skrifture
Hoofstuk 13: Zenif


Hoofstuk 13

Zenif

Nefiete wat loop

Zenif en ʼn groep Nefiete het hulle huise in Zarahemla verlaat en na die land van Nefi gereis, waar ander Nefiete voorheen gebly het.

Nefiete praat met Koning Laman

Hulle het Lamaniete gevind wat daar woon. Zenif en vier van sy manne het die stad binnegegaan om met die koning te praat. Hulle het Koning Laman gevra of hulle in sy land kon woon.

Koning Laman

Koning Laman het gesê hulle kon twee van sy stede kry. Die koning wou gehad het dat hulle in sy land moes bly sodat hy hulle sy slawe kon maak.

Nefiete besig om te plant

Zenif se mense het huise gebou en die mure om hulle stede reggemaak. Hulle het baie soorte graan en vrugte geplant. Hulle het ook kuddes diere gehad.

Lamaniete val die Nefiete aan

Koning Laman het vir sy volk gesê dat die Nefiete te sterk geword het. Gou het baie Lamaniete die Nefiete aangeval en hulle diere en oeste gesteel.

Nefiete wat hardloop

Die Nefiete het na die stad van Nefi gehardloop. Daar het Zenif die mense bewapen met boë en pyle, swaarde, knuppels en slingervelle. Hulle het gegaan om teen die Lamaniete te veg.

Nefiete wat bid

Voor hulle geveg het, het die Nefiete gebid, en God gevra om hulle te help. God het die Nefiete geseën met ekstra krag, en hulle het die Lamaniete oorwin.

wag met skape

Na die stryd het Zenif wagte rondom die Nefiete se stede geplaas. Hy wou sy mense en hulle diere beskerm teen die Lamaniete.

vroue besig om te weef

Die Nefiete het vir baie jare in vrede gelewe. Die mans het in die landerye gewerk, en die vroue het gespin en klere gemaak.

geveg

Koning Laman het gesterf en sy seun het koning geword. Die nuwe koning het sy leër gestuur om teen die Nefiete te veg.

Die Nefiete hou die Lamaniete dop

Die Nefiete het weer krag van die Here ontvang. Hulle het baie Lamaniete doodgemaak, en die res het weggehardloop.