Verhale uit die Skrifture
Hoofstuk 53: Moroni en Sy Leringe


Hoofstuk 53

Moroni en Sy Leringe

Moroni skryf op plate

Nadat Mormon gesterf het, was Moroni alleen. Hy het die rekords voltooi wat sy vader aan hom gegee het.

Moroni sien Joseph Smith

Moroni het geweet dat die goue plate eendag uit die grond gehaal sou word.

paartjie met Boek van Mormon

Die woorde op die goue plate vertel van Jesus Christus. Hulle getuig en leer mense hoe om regverdig te lewe.

Lamaniete vang Nefiete

Die goddelose Lamaniete het elke Nefiet doodgemaak wat nie Jesus Christus wou loën nie.

Moroni kruip weg vir Lamaniete

Moroni sou nooit vir Jesus Christus loën nie. Hy het rondbeweeg terwyl hy weggekruip het vir die Lamaniete.

Moroni skryf op goue plate

Moroni het nog meer op die goue plate geskryf, veral aan die Lamaniete van die laaste dae.

jong mans seën nagmaal

Hy het baie belangrike dinge geskryf, insluitende die woorde van die nagmaalsgebede.

man word gedoop

Moroni het geskryf dat die enigste mense wat gedoop kan word, dié mense is wat gewillig is om te bekeer van hul sondes en Jesus Christus te dien.

Jesus Christus

Moroni wou hê dat almal in Jesus Christus moet glo en Hom leer ken. Hy het gesê dat alles wat goed is van Christus afkomstig is.

Moroni skryf op plate

Moroni het geskryf dat as die mense God liefhet en Hom volg, hulle perfek kan word.

Moroni

Moroni het geweet dat hy na sy dood opgewek sou word en dat hy saam met Hemelse Vader en Jesus Christus sou lewe.