Hoofstuk 22 Alma se Sending na Ammoniha Alma was bekommerd oor die Nefiete se boosheid, en het besluit om al sy tyd te spandeer deur vir hulle die evangelie te preek. Hy het Nefiha gekies om hom as hoofregter op te volg. Alma 4:7, 18–19 Alma het die evangelie landwyd verkondig. Toe hy probeer het om in Ammoniha te preek, wou die mense nie luister nie. Hulle het hom uit die stad gegooi. Alma 5:1; 8:8–9, 11, 13 Alma was bedroef dat die mense van Ammoniha so boos was. Hy het vertrek om na ʼn ander stad te gaan. Alma 8:13–14 Die engel het aan Alma verskyn en hom getroos. Die engel het vir hom gesê om terug te gaan na Ammoniha en om weer te preek. Alma het hom teruggehaas. Alma 8:15–16, 18 Alma was honger. Toe hy die stad binnegegaan het, het hy ʼn man vir ʼn bietjie kos gevra. ʼn Engel het die man vertel dat Alma sou kom en dat Alma ʼn profeet van God was. Alma 8:19–20 Hierdie man, Amulek, het Alma na sy huis geneem en hom gevoed. Alma het vir baie dae saam met Amulek en sy familie gebly. Hy het God gedank vir Amulek se familie en het hulle geseën. Alma 8:21–22, 27 Alma het Amulek vertel van sy roeping om die mense van Ammoniha te onderrig. Amulek het saam met Alma gegaan om die mense te onderrig. Die Heilige Gees het hulle gehelp. Alma 8:24–25, 30 Alma het die mense vertel om te bekeer, anders sou God hulle vernietig. Hy het gesê dat Jesus Christus sou kom en diegene wat geloof in Hom het, en bekeer, sal red. Alma 9:12, 26–27 Die mense van Ammoniha het kwaad geraak. Hulle het probeer om Alma in die tronk te gooi, maar die Here het hom beskerm. Alma 9:31–33 Toe het Amulek begin preek. Baie mense het Amulek geken; hy was nie ʼn vreemdeling soos Alma nie. Hy het hulle vertel van die engel wat hy gesien het. Alma 9:34; 10:4, 7 Amulek het gesê dat Alma ʼn profeet van God was en die waarheid gepraat het. Die mense was verbaas om Amulek se getuienis te hoor. Alma 10:9–10, 12 Party van die mense het kwaad geword, veral ʼn bose man genaamd Zeesrom. Hulle het probeer om Amulek uit te vang met vrae, maar hy het vir hulle gesê dat hy geweet het van hul planne. Alma 10:13–17, 31 Zeesrom wou alles vernietig wat goed was. Hy het probleme veroorsaak, en dan het mense hom betaal om die probleme wat hy veroorsaak het op te los. Alma 11:20–21 Zeesrom kon nie vir Amulek uitvang nie, toe het hy hom geld aangebied om te sê dat daar nie ʼn God is nie. Amulek het geweet dat God lewe en het gesê dat Zeesrom dit ook weet, maar dat hy geld meer liefhet as God. Alma 11:22, 24, 27 Amulek het Zeesrom toe geleer aangaande Jesus en die Opstanding en die ewige lewe. Die mense was verstom. Zeesrom het begin bewe van vrees. Alma 11:40–46 Zeesrom het geweet dat Alma en Amulek die mag van God gehad het, want hulle het sy gedagtes geken. Zeesrom het vrae gevra en geluister terwyl Alma hom die evangelie geleer het. Alma 12:1, 7–9 Party mense het Alma en Amulek geglo en begin om te bekeer en die skrifture te bestudeer. Alma 14:1 Maar die meerderheid van die mense wou Alma en Amulek doodmaak. Hulle het die twee mans vasgebind en hulle na die hoofregter toe geneem. Alma 14:2–4 Zeesrom was jammer dat hy goddeloos was en die mense leuens geleer het. Hy het die mense gesmeek om Alma en Amulek vry te laat. Alma 14:6–7 Zeesrom en die ander mense wat Alma en Amulek se leringe geglo het, is uit die stad gegooi. Die goddelose mense het hulle met klippe bestook. Alma 14:7 Die goddelose mans het toe die vroue en kinders wat geglo het bymekaar gemaak, en hulle saam met hulle skrifture, in ʼn vuur gegooi. Alma 14:8 Alma en Amulek is geforseer om te kyk hoe die vroue en kinders in die vuur sterf. Amulek wou die mag van God gebruik om hulle te red. Alma 14:9–10 Maar Alma het vir Amulek gesê dat hy nie die moorde moes keer nie, want die sterwende mense sou binnekort saam met God wees, en die goddelose mense sou gestraf word. Alma 14:11 Die hoofregter het Alma en Amulek ʼn hele paar keer geklap en hulle bespot omdat hulle nie die brandende vroue en kinders gered het nie. Toe het hy hulle in die tronk gegooi. Alma 14:14–17 Ander goddelose mans het ook tronk toe gekom en het Alma en Amulek op baie maniere mishandel, insluitende om hulle uit te honger en op hulle te spoeg. Alma 14:18–22 Die hoofregter het gesê as Alma en Amulek die mag van God gebruik om hulself te bevry, sal hy glo. Hy het hulle weer geklap. Alma 14:24 Alma en Amulek het opgestaan. Alma het gebid en gevra dat God hulle sterk moet maak as gevolg van hulle geloof in Christus. Alma 14:25–26 Die krag van God het Alma en Amulek vervul en hulle het die toue gebreek waarmee hulle vasgebind was. Die goddelose mans was bang en het probeer vlug, maar het neergeval. Alma 14:25–27 Die grond het geskud en die tronkmure het op die goddelose mans geval. Die Here het vir Alma en Amulek beskerm, en hulle het nie seergekry nie. Alma 14:27–28 Die mense van Ammoniha het kom kyk wat gebeur het. Toe hulle Alma en Amulek sien waar hulle uit die verbrokkelde tronk loop, het hulle bang geword en weggehardloop. Alma 14:28–29 Die Here het vir Alma en Amulek gesê om Sidom toe te gaan. Daar het hulle die regverdige mense gevind. Zeesrom was ook daar en was baie siek. Alma 15:1–3 Zeesrom was bly om Alma en Amulek te sien. Hy was bekommerd dat hulle doodgemaak was as gevolg van wat hy gedoen het. Hy het hulle gevra om hom gesond te maak. Alma 15:4–5 Zeesrom het geloof in Jesus Christus gehad en het van sy sondes bekeer. Toe Alma vir hom gebid het, is Zeesrom onmiddellik genees. Alma 15:10–11 Zeesrom is gedoop en het begin om die evangelie te verkondig. Baie ander mense is ook gedoop. Alma 15:12, 14 Die goddelose mense van Ammoniha is almal deur ʼn Lamanitiese leër doodgemaak net soos Alma voorspel het. Alma 10:23; 16:2, 9