Hoofstuk 6
Lehi se Droom
Lehi het vir sy familie vertel van ʼn belangrike visioen wat hy in ʼn droom gehad het. Lehi se droom het hom bly gemaak oor Nefi en Sam, maar hartseer oor Laman en Lemuel.
In sy droom het Lehi ʼn man gesien met ʼn wit kleed aan, wat vir Lehi gesê het om hom te volg. Lehi het die man gevolg in ʼn donker en somber wildernis.
Nadat hy vir baie ure in die donkerte gereis het, het Lehi gebid om hulp.
Toe sien hy ʼn boom met wit vrugte. Hierdie soet vrugte het diegene wat dit geëet het gelukkig gemaak.
Lehi het die vrugte geëet, en dit het hom met blydskap vervul. Hy wou hê dat sy familie die vrugte moes proe omdat hy geweet het dat dit hulle ook gelukkig sou maak.
Lehi het ʼn rivier naby die boom sien vloei. Hy het Saria, Sam en Nefi by die bron van die rivier sien staan.
Lehi het sy vrou en kinders geroep om te kom en die vrugte te proe. Saria, Sam en Nefi het gegaan en die vrugte geproe, maar Laman en Lemuel wou nie.
Lehi het ook ʼn staaf van yster en ʼn eng en smal pad gesien wat na die boom toe lei.
Hy het baie mense gesien wat op, of na die pad toe loop. Omdat daar ʼn miswolk van duisternis was, het sommiges van die pad afgedwaal en verlore geraak.
Andere het styf aan die ysterstaaf vasgehou en dit deur die duisternis gemaak na die boom toe. Hulle het die vrugte geproe.
Mense in ʼn groot gebou aan die oorkant van die rivier het die mense wat die vrugte geëet het, bespot. Sommiges wat die vrugte geëet het, het beskaam geword en weggegaan van die boom.
Lehi het baie mense in sy droom gesien. Party het styf aan die ysterstaaf vasgehou en deur die duisternis na die boom gereis. Hulle het die vrugte geproe. Andere het na die groot gebou gegaan of in die rivier verdrink of verlore geraak. Laman en Lemuel wou nie die vrugte eet nie. Lehi was bekommerd oor hulle en het hulle probeer help om God se gebooie te gehoorsaam.