Hoofstuk 17 Alma en Sy Volk Ontsnap Eendag terwyl Alma se volk in hul lande gewerk het, het ʼn Lamanitiese leër die grens oorgesteek in hulle land in. Mosia 23:25 Die Nefiete was bang en het na die stad gevlug vir veiligheid. Alma het hulle aangemoedig om God te onthou en dat Hy hulle sou help. Die Nefiete het begin bid. Mosia 23:26–28 Die Here het die harte van die Lamaniete versag, en hulle het nie die Nefiete seergemaak nie. Die Lamaniete het verdwaal terwyl hulle probeer het om Koning Limhi se volk te vind. Mosia 23:29–30 Die Lamaniete het Alma belowe dat hulle nie sy volk sou pla as hy hulle sou vertel hoe om terug te keer na hulle land nie. Alma het hulle die pad gewys. Mosia 23:36 Maar die Lamaniete het nie hul belofte nagekom nie. Hulle het wagte reg rondom die land geplaas, en Alma en sy volk was nie meer vry nie. Mosia 23:37 Die Lamanitiese koning het Amulon die heerser oor Alma se volk gemaak. Amulon was ʼn Nefiet en een van Koning Noag se bose priesters. Mosia 23:39; 24:8–9 Amulon het Alma se volk hard laat werk. Hulle het om hulp gebid, maar Amulon het gesê dat enigeen wat gevang word wat bid, doodgemaak sou word. Die mense het in hulle harte aangehou bid. Mosia 24:10–12 God het hulle gebede verhoor en het die mense versterk sodat hulle werk makliker gevoel het. Die mense was blymoedig en geduldig. Mosia 24:14–15 God was bly dat die mense getrou gebly het. Hy het vir Alma vertel dat Hy hulle sou help om van die Lamaniete te ontsnap. Mosia 24:16–17 Die mense het hulle kos en diere gedurende die nag bymekaar gemaak. Die volgende oggend het God die Lamaniete aan die slaap gehou terwyl Alma en sy volk die stad verlaat het. Mosia 24:18–20 Na 12 dae se reis het die mense in Zarahemla aangekom waar Koning Mosia en sy volk hulle verwelkom het. Mosia 24:25