Hoofstuk 35 Kaptein Moroni en Pahoran Kaptein Moroni was bly om te hoor dat Helaman en sy leër baie van die Nefitiese grond van die Lamaniete teruggeneem het. Alma 59:1 Maar Helaman en sy leër het hulp nodig gehad. Hulle het nie genoeg soldate gehad om so baie stede te verdedig nie. Alma 58:32 Kaptein Moroni het ʼn brief aan Pahoran, die hoofregter en goewerneur, geskryf. Hy het Pahoran gevra om meer soldate te stuur om Helaman se leër te help. Alma 59:3 Die Lamaniete het ʼn Nefitiese stad aangeval wat Helaman teruggeneem het. Hulle het baie Nefiete doodgemaak en die res uit die stad verjaag. Alma 59:5–8 Moroni was kwaad vir die regeringsleiers omdat hulle nie hulp gestuur het nie en hy het nog ʼn brief aan Pahoran geskryf. Alma 59:13; 60:1 Kaptein Moroni het geskryf dat baie mense gedood is omdat Pahoran nie nog soldate gestuur het nie. Alma 60:5 Indien Pahoran nie vinnig meer manne en kos stuur nie, sou Moroni sy leër na Zarahemla neem en dít wat sy leër nodig gehad het, neem. Alma 60:34–35 Moroni het gou ʼn brief van Pahoran ontvang. Hy was baie hartseer dat Moroni en sy leërs gely het. Alma 61:1–2 Pahoran het vir Moroni vertel dat ʼn groep goddelose Nefiete, genaamd koningsmanne, nie wou hê dat hy hoofregter moes wees nie. Hulle het hom en sy ondersteuners uit Zarahemla gedryf. Alma 61:3–5 Pahoran het bygevoeg dat hy besig was om ʼn leër bymekaar te maak om te probeer om Zarahemla terug te neem. Alma 61:6–7 Die koningsmanne het ʼn koning gekies om hulle leier te wees en het by die Lamaniete aangesluit. Alma 61:8 Pahoran was nie kwaad oor die dinge wat Moroni geskryf het nie. Hy wou ook hê dat die Nefiete vry moes wees. Alma 61:9 Hy het Moroni gevra om ʼn paar manne te bring om hom te help en het gesê dat as Moroni nog meer manne langs die pad bymekaar kan maak, hulle gekombineerde leër Zarahemla kon terugneem. Alma 61:15–18 Kaptein Moroni was bly dat Pahoran steeds lojaal teenoor sy land was en steeds vryheid vir sy volk wou hê. Alma 62:1 Moroni en ʼn paar van sy manne het gegaan om Pahoran te ontmoet. Hy het die vaandel van vryheid gedra en duisende manne het langs die pad by hulle aangesluit. Alma 62:3–5 Die gekombineerde leërs van Moroni en Pahoran het teen Zarahemla gemarsjeer. Hulle het die koning van die goddelose Nefiete doodgemaak en sy manne gevange geneem. Alma 62:7–8 Moroni het toe kos en 12,000 soldate gestuur om die Nefitiese leërs te help. Hierdie leërs het die Lamaniete uitgedryf en daar was weer eens vrede in die land. Alma 62:12–13, 38–42