Verhale uit die Skrifture
Hoofstuk 44: Jesus Christus Seën die Kinders


Hoofstuk 44

Jesus Christus Seën die Kinders

Christus en kinders

Jesus Christus het vir die Nefiete gesê om hulle klein kindertjies na Hom te bring. Die kinders het op die grond naby Jesus gesit.

Jesus bid saam met die kinders

Die Verlosser het vir die mense gesê om neer te kniel. Hy het toe gekniel en tot Hemelse Vader gebid.

mense wat glimlag

Die Verlosser se gebed was só wonderlik dat dit nie neergeskryf kon word nie. Dit het die Nefiete met vreugde gevul.

Jesus praat met mense

Na sy gebed het Jesus gesê dat die Nefiete geseënd sou wees vanweë hulle geloof.

Jesus

Hy het soveel liefde en vreugde gevoel dat Hy geween het.

Jesus seën die kinders

Hy het toe die kinders geneem en elkeen geseën. Hy het tot Hemelse Vader vir hulle gebid, en weer geween.

Jesus saam met die kinders

Jesus het vir die Nefiete gesê om hulle kinders te aanskou.

engele omring die kinders

Terwyl die mense gekyk het, het engele uit die hemel neergedaal en die kinders omring. Die kinders en die engele is deur vuur omring.