Verhale uit die Skrifture
Hoofstuk 24: Ammon Ontmoet Koning Lamoni se Vader


Hoofstuk 24

Ammon Ontmoet Koning Lamoni se Vader

Lamoni praat met  Ammon

Koning Lamoni wou Ammon neem om sy vader te ontmoet. Die Here het Ammon gewaarsku om nie te gaan nie, want Lamoni se vader sou probeer om hom dood te maak.

Ammon en Lamoni

Die Here het vir Ammon gesê hy moet eerder na die land van Middoni toe gaan, waar sy broer Aäron in die tronk was. Koning Lamoni het Ammon vergesel.

Ammon en Lamoni saam met Lamoni se vader

Terwyl hulle gereis het, het hulle Koning Lamoni se vader ontmoet wat koning was oor die hele land. Hy het Lamoni gevra waarheen hy oppad was met ʼn leuenagtige Nefiet.

Lamoni, Ammon, en Lamoni se vader

Koning Lamoni het sy vader van Ammon en van sy broer, wat in die tronk was, vertel. Lamoni se vader het in sy woede vir Lamoni beveel om Ammon dood te maak en nie na Middoni te gaan nie.

Lamoni se vader probeer om Lamoni dood te maak

Lamoni het geweier om Ammon dood te maak en het gesê dat hy en Ammon Aäron gaan bevry. Lamoni se vader het kwater geword en sy swaard uitgetrek en wou Lamoni doodmaak.

Ammon verwond Lamoni se vader

Ammon het vorentoe gespring om Lamoni te beskerm. Lamoni se vader het toe probeer om Ammon dood te maak, maar hy het homself verdedig en Lamoni se vader in die arm gewond.

Ammon en Lamoni se vader

Toe Lamoni se vader sien dat Ammon hom kon doodmaak, het hy Ammon die helfte van sy koninkryk aangebied as hy sy lewe sou spaar.

Ammon praat met Lamoni se vader

Ammon het gesê dat hy wou hê dat Aäron en sy metgeselle uit die tronk vrygelaat moet word en hy wou hê dat Lamoni toegelaat moes word om sy koninkryk te behou.

Ammon verbind die koning se wond

Lamoni se vader het besef dat Ammon hom nie wou seermaak nie. Hy was verbaas oor die liefde wat Ammon vir sy seun gehad het. Hy het Ammon uitgenooi om aan hom die evangelie te leer.

Koning Lamoni praat met koning van Middoni

Ammon en Koning Lamoni het na Middoni gegaan. Lamoni het daar met die koning gepraat, en Aäron en sy metgeselle is vrygelaat uit die tronk.

Aäron en sy metgeselle word vrygelaat

Ammon was bedroef toe hy sien hoe sleg hulle behandel was. Hulle het baie gely maar was geduldig.