Verhale uit die Skrifture
Hoofstuk 27: Korihor


Hoofstuk 27

Korihor

Korihor stap

ʼn Man genaamd Korihor het na Zarahemla gekom. Hy het nie in Jesus Christus geglo nie en het gepreek dat wat die profete aangaande die Verlosser gesê het, onwaar was.

Korihor onderrig mense

Korihor het gesê dat die mense dwaas was om te glo dat Jesus aarde toe sou kom om vir hulle sondes te ly.

seuns sondig

Hy het gesê dat die mense nie vir hul sondes gestraf kon word nie want daar is geen lewe ná die dood nie. Baie mense het Korihor geglo. Hulle het boos geword.

Korihor

Korihor het probeer om vir die mense van Ammon te preek, maar hulle wou nie luister nie. Hulle het hom vasgebind en hom na Ammon geneem wat hom uit die stad gedryf het.

Korihor word weggestuur

Korihor het na die land van Gideon gegaan, maar die mense daar wou ook nie na hom luister nie. Die hoofregter het hom na Alma gestuur.

Alma en Korihor

Alma het Korihor gevra of hy in God glo. Korihor het gesê dat hy nie glo nie. Alma het getuig dat daar ʼn God is en dat Christus sou kom.

Korihor en Ammon

Korihor wou hê dat Alma ʼn wonderwerk moes verrig om te bewys dat daar ʼn God is. Korihor het gesê dat hy in God sou glo as hy ʼn teken van God se mag kon sien.

Alma hou skrifture vas

Alma het vir Korihor vertel dat hy alreeds baie tekens van God se mag gesien het deur die skrifture en die getuienisse van al die profete.

Alma praat met Korihor

Alma het gesê dat die aarde en alles daarop en die beweging van die planete in die hemele ook tekens is dat daar ʼn God is.

Korihor en Alma

Korihor het steeds geweier om te glo. Alma was bedroef as gevolg van Korihor se boosheid en het hom gewaarsku dat sy siel dalk vernietig mag word.

Alma hou skrifture vas

Korihor wou steeds ʼn teken hê as bewys dat daar ʼn God is. Alma het gesê dat die teken van God sou wees dat Korihor nie sou kon praat nie.

Korihor

Nadat Alma dit gesê het, kon Korihor nie praat nie.

Korihor skryf in grond

Korihor het geskryf dat hy geweet het dat dit ʼn teken van God was, en dat hy altyd geweet het dat daar ʼn God is. Hy het gevra dat Alma vir hom bid en die vloek verwyder.

Alma praat

Alma het geweet dat as Korihor kon praat, hy weer vir die mense sou lieg. Alma het gesê dat God sou besluit of Korihor weer sou kon praat.

Korihor smeek vir kos

Die Here het nie vir Korihor sy spraak teruggegee nie. Korihor het van huis tot huis gegaan om vir kos te bedel.

hoofregter skryf brief

Die hoofregter het ʼn brief regdeur die land gestuur om te vertel wat met Korihor gebeur het. Hy het vir diegene wat Korihor geglo het, gesê om te bekeer. Die mense het bekeer.

Korihor dood op die grond

Korihor het by die Zoramiete gaan woon. Een dag terwyl hy gebedel het, is hy vertrap en het gesterf.