Hoofstuk 39 Nefi Ontvang Groot Mag Nefi het na sy huis toe geloop en nagedink oor dít wat die Here hom gewys het en oor die goddeloosheid van die Nefiete. Hy was hartseer vanweë hulle goddeloosheid. Helaman 10:1–3 Die Here het met Nefi gepraat en hom geprys vir sy gehoorsaamheid en harde werk om die evangelie te verkondig. Helaman 10:4 Nefi is die mag gegee om enigiets te doen. Die Here het geweet dat hy hierdie mag regverdiglik sou gebruik. Helaman 10:5 Die Here het vir Nefi gesê dat hy die Nefiete moet waarsku dat hulle vernietig sou word indien hulle nie bekeer nie. Nefi het onmiddellik gegaan om die mense te waarsku. Helaman 10:11–12 Die Nefiete het nie vir Nefi geglo nie. Hulle het probeer om hom in die gevangenis te gooi, maar hy is deur die mag van God beskerm. Helaman 10:15–16 Nefi het die woord van God aan al die Nefiete verkondig. Helaman 10:17 Maar die mense het selfs meer goddeloos geword en teen mekaar begin veg. Helaman 11:1 Nefi het vir ʼn hongersnood gebid, in die hoop dat ʼn tekort aan kos die Nefiete nederig sou maak en hulle sou help om te bekeer. Helaman 11:3–4 Die hongersnood het gekom. Daar was geen reën nie en die grond het opgedroog en die oeste kon nie groei nie. Die mense het opgehou veg. Helaman 11:5–6 Die Nefiete was honger en baie van hulle het gesterf. Diegene wat dit oorleef het, het die Here begin onthou en wat Nefi hulle geleer het. Helaman 11:6–7 Die mense het van hulle sondes bekeer en toe die regters gesmeek om Nefi te vra om die hongersnood te beëindig. Die regters het na Nefi gegaan. Helaman 11:8–9 Toe Nefi sien dat die mense nederig geword het en dat hulle bekeer het, het hy die Here gevra om die hongersnood te beëindig. Helaman 11:9–12 Die Here het Nefi se gebed beantwoord en dit het begin reën. Die oeste het gou weer begin groei. Die mense het God vereer en het geweet dat Nefi ʼn groot profeet was. Helaman 11:17–18 Meeste van die Nefiete het by die Kerk aangesluit. Hulle het ryk geword en hulle stede het gegroei. Daar was vrede in die land. Helaman 11:20–21 Sommige van die Nefiete wat vroeër by die Lamaniete aangesluit het, het die Nefiete aangeval. Helaman 11:24 Die Nefiete het probeer om hulle vyande wat Gadianton-rowers geword het te oorwin, maar kon nie omdat hulle self weer goddeloos geword het. Helaman 11:26, 28–29 Wanneer die Nefiete regverdig was, het die Here hulle geseën. Wanneer hulle trots was en die Here vergeet het, het Hy hulle beproewinge gegee om hulle te help om Hom te onthou. Helaman 12:1–3